1 En die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het by die fontein wat by J¡sreël is.
2 Toe die vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam verbytrek,
3 vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van Israel, wat nou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe.
4 Maar die owerstes van die Filistyne het baie kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: Stuur die man terug, dat hy kan teruggaan na die plek wat u hom aangewys het, en laat hom nie met ons saam in die geveg aftrek, dat hy nie vir ons in die geveg 'n teëstander word nie. Want waarmee kan hierdie man hom aangenaam maak by sy heer? Is dit nie met die hoofde van hierdie manne nie?
5 Is dit nie die Dawid nie, van wie hulle in die koordanse gesing en gesê het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende?
6 Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as die HERE leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is goed in my oë; want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie goed nie.
7 Draai dan nou om en gaan in vrede, en doen niks wat verkeerd is in die oë van die vorste van die Filistyne nie.
8 Hierop sê Dawid vir Agis: Maar wat het ek gedoen? Of wat het u in u dienaar gevind van die dag af dat ek voor u gewees het tot vandag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my heer die koning nie?
9 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet dat jy goed is in my oë soos 'n engel van God, maar die owerstes van die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie.
10 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die dienaars van jou heer wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg.
11 En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne, om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die land van die Filistyne; maar die Filistyne het opgetrek na J¡sreël.
1 非利士人把他们所有的军队都聚集在亚弗, 以色列人却在耶斯列的泉旁安营。
2 非利士人的首领各率领百人或千人前进; 大卫和跟随他的人也跟在亚吉的后面前进。
3 非利士人的领袖说: "这些希伯来人在这里作什么?"亚吉对非利士人的领袖说: "这人不是以色列王扫罗的臣仆大卫吗?他已经在我这里有好些年日了。自从他降服我的一天, 直到今日, 我未曾发现他有什么过错。"
4 非利士人的领袖向亚吉发怒, 对他说: "你叫这人回去, 好让他回到你为他安排的地方去。他不可与我们一同下战场, 免得他在战场上成为我们的对头。这人可用什么去得他主人的欢心呢?岂不是用我们这些人的头吗?
5 这人不就是大卫吗?从前以色列的妇女向他歌唱跳舞说: ‘扫罗杀死千千, 大卫杀死万万! ’"
6 亚吉把大卫叫来, 对他说: "我指着永活的耶和华说, 你是正直的人, 你与我在军中出入, 我感到很满意, 因为自从你到我这里来的那一天, 直到今日, 我未曾在你身上找到什么过失; 只是各首领不喜欢你。
7 现在, 你可以回去, 平平安安走吧! 不要行非利士人的首领看为恶的事。"
8 大卫对亚吉说: "我作了什么呢?自从我来到你面前的那一天, 直到今日, 你在仆人身上找到什么, 使我不能与我主我王的仇敌争战呢?"
9 亚吉回答大卫, 说: "我知道你在我眼中是个好人, 像 神的使者一样; 只是非利士人的领袖曾经说过: ‘他不可与我们一同上战场。’
10 所以明天早晨, 你和跟你来的人, 就是你主人的仆人都要清早起来。你们明天早晨都要早起, 天一亮你们就要离开。"
11 于是大卫和跟随他的人清早起来, 一早就离开, 回到非利士人的地去。非利士人也上耶斯列去了。