1 En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.

2 En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.

3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.

4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.

5 Ook Dawid se twee vroue, Ah¡noam uit J¡sreël, en Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.

6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.

7 En Dawid sê vir Abjatar, die priester, die seun van Ahim,leg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die skouerkleed na Dawid gebring.

8 En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.

9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die ses honderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly.

10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vier honderd man, terwyl twee honderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.

11 Toe vind hulle in die veld 'n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.

12 Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.

13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptiese seun, die slaaf van 'n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het.

14 Ons het 'n inval gedoen in die Suidland van die Kretiërs en in die van Juda en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met vuur verbrand.

15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.

16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele land, besig om te eet en te drink en fees te vier met die ganse groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land Juda saamgeneem het.

17 En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het.

18 So het Dawid dan alles gered wat die Amalekiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry.

19 Niks van hulle is vermis nie -- klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.

20 En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.

21 Toe Dawid by die twee honderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.

22 Daarop het al die slegte mense en die deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.

23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.

24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.

25 So is dit dan van die dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n insetting en 'n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.

26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die HERE:

27 aan die in Bet-el en aan die in Ramot in die Suidland en aan die in Jattir

28 en aan die in Aroër en aan die in Sifmot en aan die in Estemoa

29 en aan die in Ragal en aan die in die stede van die Jeragmeëliete en aan die in die stede van die Keniete

30 en aan die in Horma en aan die in Bor-Asan en aan die in Atag

31 en aan die in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.

1 第三天, 大卫和跟随他的人到了洗革拉。那时亚玛力人袭击了南地和洗革拉。他们攻破了洗革拉, 又放火焚烧。

2 他们把妇女和城里所有的人, 无论大小都掳走了。他们没有杀人, 都带着他们从原路回去了。

3 大卫和跟随他的人到了那城, 看见城已经被火烧毁, 他们的妻子、儿女都被掳走了,

4 就放声大哭, 直哭到没有力气再哭。

5 大卫的两个妻子, 耶斯列人亚希暖和作过拿八妻子的迦密人亚比该, 也都被掳去了。

6 大卫处境非常困难, 因为众人都为自己的儿女心中苦恼, 说要用石头打死大卫; 但大卫靠着耶和华他的 神坚强起来。

7 大卫对亚希米勒的儿子、亚比亚他祭司说: "请你把以弗得带到我这里来。"亚比亚他就把以弗得带到大卫那里去。

8 大卫求问耶和华说: "我可以追赶这群匪徒吗?我可以追上他们吗?"耶和华回答他: "你可以追赶, 你必定追上, 也必定把一切救回来。"

9 于是大卫和跟随他的六百人出发。他们到了比梭溪, 有些跟不上的就留在那里。

10 有二百人太疲乏, 不能渡过比梭溪, 就留在那里, 大卫和四百人继续追赶。

11 他们在田野里遇见一个埃及人, 就把他带到大卫那里。他们给他饭吃, 又给他水喝。

12 又给他一块无花果饼, 两个葡萄饼。他吃了, 精神就恢复过来, 因为他已经三天三夜没有吃东西, 没有喝水了。

13 大卫问他: "你是属谁的?你从哪里来?"他回答: "我是个埃及的青年人, 是亚玛力人的奴仆。因为我三天前病了, 我的主人就把我丢弃了。

14 我们侵袭了基利提的南方和属犹大地的南方, 以及迦勒地的南方, 又用火烧了洗革拉。"

15 大卫对他说: "你愿意带我下到那一群匪徒那里吗?"他回答: "如果你指着 神向我起誓, 不杀死我, 也不把我交在我主人手里, 我就带你下到那一群匪徒那里去。"

16 他带大卫下去。匪徒们都分散在各处, 正在吃喝、跳舞, 因为他们从非利士地和犹大地抢来的战利品很多。

17 大卫击杀他们, 从黄昏直到次日的晚上。除了四百个骑骆驼的年轻人逃跑了以外, 他们当中一个人也没有逃脱。

18 亚玛力人抢去的一切, 大卫都救回来了, 也救回了他的两个妻子。

19 无论大小, 不分男女, 无论是他们抢来的, 或是被人掳去的, 大卫都夺回来, 没有失落一样。

20 大卫夺了所有的羊群和牛群, 跟从大卫的人把它们赶到原有的群畜面前, 说: "这是大卫的战利品。"

21 大卫来到那二百人那里, 那些人因太疲乏不能跟随大卫去, 而留在比梭溪旁; 他们出来迎接大卫和跟随他的众人。大卫接近众人的时候, 就向他们问安。

22 与大卫一起去的那些人中, 有些恶人和流氓说: "他们没有和我们一起去, 我们就不把夺回来的战利品分给他们, 只把他们各人的妻子和儿子还给他们, 让他们领回去就是了。"

23 大卫说: "兄弟们, 耶和华赐给我们的, 你们不可以这样作。他保护了我们, 又把那些攻击我们的匪徒交在我们手里。

24 这事谁要听从你们呢?下战场的得多少, 留守武器的也得多少, 应当大家平分。"

25 从那天起, 大卫定此为以色列的律例典章, 直到今日。

26 大卫到了洗革拉, 就从战利品中取一部分送给他的朋友、犹大的长老, 说: "看哪, 这是从耶和华的仇敌那里得来的战利品, 送给你们作礼物。"

27 他送礼物给在伯特利的、在南地拉末的、在雅提珥的、

28 在亚罗珥的、在息末的、在以实提莫的、

29 在拉哈勒的、在耶拉蔑各城的、在基尼各城的、

30 在何珥玛的、在歌拉珊的、在亚挞的、

31 在希伯仑的人, 又送给一切大卫及其跟随者所到过之地的人。