1 Intussen is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Keh¡la, en hulle plunder die dorsvloere.
2 Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Keh¡la.
3 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Keh¡la trek teen die slagordes van die Filistyne?
4 Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Keh¡la, want Ek gee die Filistyne in jou hand.
5 Daarom het Dawid met sy manne na Keh¡la getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en 'n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Keh¡la verlos.
7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Keh¡la gekom het, en Saul sê: God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in 'n stad met poorte en grendels ingegaan het.
8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Keh¡la ten einde Dawid en sy manne in te sluit.
9 Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader.
10 En Dawid sê: HERE, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Keh¡la wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.
11 Sal die burgers van Keh¡la my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom.
12 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Keh¡la my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer.
13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent ses honderd man -- hulle het uit Keh¡la uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Keh¡la ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.
14 En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.
15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.
16 Daarop het Jonatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God
17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.
18 Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jonatan het na sy huis gegaan.
19 Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na G¡bea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hag¡la wat suid van die wildernis lê nie?
20 En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.
21 En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, omdat julle medelyde met my gehad het.
22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.
23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda.
24 En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestyn Maon was, in die Vlakte suid van die wildernis.
25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.
26 En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,
27 kom daar 'n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom, want die Filistyne het 'n inval in die land gedoen.
28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.
1 有人告诉大卫: "看哪, 非利士人正在攻打基伊拉, 并且抢掠禾场。"
2 大卫就求问耶和华说: "我可以去击打这些非利士人吗?"耶和华对大卫说: "你可以去击打非利士人, 拯救基伊拉。"
3 跟随大卫的人对他说: "看哪, 我们在犹大地这里尚且惧怕, 何况到基伊拉去攻打非利士人的军兵呢?"
4 于是大卫再求问耶和华。耶和华回答他说: "你只管起来, 下到基伊拉去, 因为我必把非利士人交在你的手里。"
5 大卫和跟随他的人就到基伊拉去, 与非利士人争战, 掳走了他们的牲畜, 又在他们中间杀戮多人。这样, 大卫拯救了基伊拉的居民。
6 亚希米勒的儿子亚比亚他逃到基伊拉去见大卫的时候, 是手里带着以弗得下来的。
7 有人告诉扫罗, 大卫到了基伊拉, 扫罗就说: " 神把他交在我的手中了, 因为他进了一座有门有闩的城, 把自己关闭起来了。"
8 于是扫罗召集众人去争战, 要下到基伊拉去, 围困大卫和跟随他的人。
9 大卫知道扫罗设计害他, 就对亚比亚他祭司说: "把以弗得拿来! "
10 大卫说: "耶和华以色列的 神啊! 你仆人确实听见了扫罗想要到基伊拉来, 为了我的缘故要毁灭这城。
11 基伊拉人会把我交在扫罗的手里吗?扫罗会照着你仆人所听到的下来吗?耶和华以色列的 神啊! 求你告诉你仆人。"耶和华说: "他必下来。"
12 大卫又说: "基伊拉人会把我和跟随我的人交在扫罗手里吗?"耶和华说: "他们必把你们交出来。"
13 大卫和跟从他的人, 约有六百人, 就起身离开基伊拉, 到处漂泊。有人告诉扫罗, 大卫已经逃离了基伊拉, 扫罗就不出去了。
14 大卫住在旷野的山寨里, 又住在亚弗旷野的山里。扫罗天天寻索大卫, 神却不把大卫交在他手里。
15 大卫惧怕, 因为扫罗出来寻索他的命。那时大卫住在西弗旷野的何列斯那里。
16 扫罗的儿子约拿单起身, 到何列斯去见大卫, 鼓励他, 使他靠 神坚强起来,
17 对他说: "你不要惧怕! 我父亲扫罗的手必不能害你。你必要作以色列的王, 我要在你以下位居第二, 这事连我父亲扫罗也知道了。"
18 于是他们二人在耶和华面前立了约。大卫仍住在何列斯, 约拿单却回自己的家去了。
19 西弗人上到基比亚去见扫罗, 说: "大卫不是在我们这里的何列斯的山寨, 就是在旷野南边的哈基拉山上藏着吗?
20 王啊, 现在请下来, 请你随着你的心愿下来, 我们必亲自把他交在王的手里。"
21 扫罗说: "愿耶和华赐福你们, 因为你们关心我。
22 你们要去再确实查看他脚踪所到的地方, 有谁看见他在那里, 因为有人对我说, 他非常狡猾。
23 你们要去查看他所有藏身的地方, 确定以后再回来见我, 我就与你们同去; 如果他在本地, 我必从犹大的千门万户中把他搜出来。"
24 于是西弗人起身, 在扫罗以先到西弗去了。那时大卫和跟随他的人却在玛云旷野, 就是在荒野南边的亚拉巴。
25 扫罗和跟随他的人去寻找大卫。有人告诉大卫, 他就下到磐石那里, 留在玛云旷野。扫罗听见了, 就在玛云旷野追赶大卫。
26 扫罗在山这边走, 大卫和跟随他的人却在山那边走。大卫匆匆忙忙逃避扫罗, 扫罗和跟随他的人却四面包围大卫和跟随他的人, 要把他们捉住。
27 那时忽有使者来见扫罗说: "请你赶快回去, 因为非利士人来突击这地。"
28 于是扫罗不再追赶大卫, 回去迎战非利士人。因此这地方被称为西拉.哈玛希罗结。
29 大卫从那里上去, 住在隐.基底的山寨里。(本节在《马索拉抄本》为24:1)