1 Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek -- dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.

2 En of hulle al sê: So waar as die HERE leef, sekerlik sweer hulle vals.

3 o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots, geweier om hulle te bekeer.

4 Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die HERE, die reg van hulle God, nie ken nie.

5 Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van die HERE, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.

6 Daarom maak 'n leeu uit die bos hulle dood, 'n wolf van die wildernisse verniel hulle; 'n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan, word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede geweldig.

7 Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.

8 Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.

9 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?

10 Klim op sy mure en rig verwoesting aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle behoort nie aan die HERE nie.

11 Want die huis van Israel en die huis van Juda het baie troueloos teen My gehandel, spreek die HERE.

12 Hulle het die HERE verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie;

13 en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met hulle gaan!

14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

15 Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die HERE; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.

16 Hulle pylkoker is soos 'n geopende graf; hulle is almal helde.

17 En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.

18 Nogtans sal Ek ook in die dae, spreek die HERE, nie 'n einde aan julle maak nie.

19 En as julle sê: Waarvoor het die HERE onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in 'n land wat julle s'n nie is nie.

20 Verkondig dit in die huis van Jakob, en laat dit hoor in Juda en sê:

21 Hoor dit tog, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!

22 Sou julle vir My nie bevrees wees nie, spreek die HERE, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, 'n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.

23 Maar hierdie volk het 'n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;

24 en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.

25 Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.

26 Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het 'n val gestel, hulle vang mense.

27 Soos 'n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.

28 Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.

29 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?

30 'n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:

31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?

1 "你们去走遍耶路撒冷的街道, 到处观察留意, 又在城的广场上寻觅; 如果能找到一个行正义、求诚实的人, 我就赦免这城。

2 城里的人虽然指着永活的耶和华起誓, 其实, 他们起的誓是假的。"

3 耶和华啊! 你的眼目不是要看诚实的事吗?你击打他们, 他们却不觉得伤痛; 你摧毁他们, 他们仍不肯接受管教。他们板着脸, 脸皮比磐石还硬, 总不肯回转。

4 我说: "这些人只是贫穷小民, 为人愚昧; 他们不晓得耶和华的道路, 也不明白他们 神的法则。

5 我要亲自去见那些权贵领袖, 跟他们谈谈; 因为他们晓得耶和华的道路, 也明白他们 神的法则。"谁知他们竟一起把轭折断, 挣脱绳索。

6 因此, 狮子必从林中出来袭击他们, 旷野的豺狼要杀害他们, 豹子在他们的城边窥伺, 出城的都必被撕碎; 因为他们的过犯众多, 背道的事也无法数算。

7 "为什么我要赦免你?你的儿女离弃我, 指着那些不是神的起誓。我使他们饱足, 他们却去行淫, 一起挤在妓院里。

8 他们像饱食的马, 情欲奔放, 各向别人的妻子嘶叫。

9 我因这些事怎能不施行惩罚呢?像这样的国家, 我怎能不亲自报复呢?"这是耶和华的宣告。

10 "你们要走进她的葡萄园("葡萄园"原文作"葡萄树的行列")里施行毁坏, 但不可毁灭她的枝子, 因为它们不属耶和华。

11 以色列家和犹大家, 待我实在太奸诈了。"这是耶和华的宣告。

12 他们不信耶和华, 说: "他不会作什么, 灾祸必不临到我们, 我们也不会看见刀剑和饥荒。

13 先知不过是一阵风, 主的道也不在他们里面; 他们所说的必临到他们身上。"

14 因此, 耶和华万军之 神这样说: "因他们说了这话, 我必使我的话在你口中成为火, 使这人民成为柴, 火要把他们吞灭。

15 以色列家啊! 我必使一国从远方来攻击你们。"这是耶和华的宣告。"那国历久不衰, 从古就有; 他们的言语你们不懂得, 他们所说的你们不明白。

16 他们的箭囊像敞开的坟墓, 他们尽都是勇士。

17 他们必吞灭你们的庄稼和粮食, 吞灭你的儿女, 你们的羊群牛群, 以及你们的葡萄和无花果; 他们也必用刀剑毁坏你们所倚仗的坚固城。

18 就是到了那时, 我也不把你们完全毁灭。"这是耶和华的宣告。

19 "将来如果有人问: ‘耶和华我们的 神, 为什么向我们行这一切事呢?’你就要对他们说: ‘你们怎样离弃我, 在你们的土地上事奉外族人的神, 你们也要在不属你们的土地上照样服事外族人。’"

20 你们要在雅各家宣告这事, 在犹大传扬, 说:

21 "愚昧无知的民哪! 你们有眼不能看, 有耳不能听; 你们应当听这话:

22 ‘你们连我都不惧怕吗?在我面前你们也不战兢吗?’这是耶和华的宣告。’我以沙作海的疆界, 作永远的界限, 海就不能越过; 波浪翻腾, 却不能漫过; 怒涛澎湃, 仍无法逾越。

23 可是这人民, 竟存着顽梗悖逆的心; 背我而去。’

24 他们心里也不想想: ‘我们应当敬畏耶和华我们的 神, 他按时赐雨, 就是秋雨春霖, 又为我们保存定时收割的节令。’

25 你们的罪孽使这些都离开了, 你们的罪恶剥夺了你们的幸福。

26 在我的子民中发现了恶人, 他们好像捕鸟的人蹲伏窥探, 装置网罗捕捉人。

27 笼中怎样满了雀鸟, 他们的屋里也满了诡诈; 他们就因此财雄势大。

28 他们肥胖光润, 作尽各种坏事; 他们不为人辩护, 不替孤儿辨屈, 使他们获益, 也不为穷人伸冤。

29 我因这些事怎能不施行惩罚呢?像这样的国家, 我怎能不亲自报复呢?"这是耶和华的宣告。

30 "恐怖骇人的事在国中发生了。

31 先知说假预言, 祭司凭己意把持权柄。我的子民竟喜爱这样, 到了结局你们怎么办呢?"