1 En in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor

2 en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk die kragte in hom.

3 Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Herodias, die vrou van Filippus, sy broer.

4 Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.

5 En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir 'n profeet gehou het.

6 Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Herodias voor hulle gedans en Herodes behaag.

7 Daarom het hy met 'n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8 Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op 'n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9 En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10 En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

11 Sy hoof is toe op 'n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

12 En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

13 En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in 'n skuit vertrek na 'n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.

14 En toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

15 En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16 Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17 Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18 En Hy sê: Bring dit hier vir My.

19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20 En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.

21 En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

22 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

33 Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!

34 En hulle het oorgevaar en in die land Genn,saret gekom.

35 En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;

36 en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

1 那时, 分封王希律听见耶稣的名声,

2 就对臣仆说: "这人是施洗的约翰, 他从死人中复活, 所以他身上有行神迹的能力。"

3 原来希律为了他弟弟腓力的妻子希罗底的缘故, 拘捕了约翰, 把他捆绑, 关在监里,

4 因为约翰多次告诉他: "你占有她是不合理的。"

5 他想杀约翰, 但又害怕群众, 因为他们都认为约翰是个先知。

6 到了希律生日的那天, 希罗底的女儿在众人面前跳舞, 希律非常高兴,

7 就起誓答应她, 无论求什么都给她。

8 她在母亲的怂恿之下, 说: "请把施洗的约翰的头放在盘子上给我。"

9 王就忧愁, 但因为誓言和在座的宾客, 就下令给她。

10 他派人去, 在监里斩了约翰的头,

11 把头放在盘子上, 拿来给那女孩子, 她又带给母亲。

12 约翰的门徒前来, 领了尸体, 把它埋葬, 然后去告诉耶稣。

13 耶稣听见了, 就离开那里, 独自坐船到旷野去。群众听见了, 就从各城步行来跟随他。

14 耶稣上了岸, 看见一大群人, 就怜悯他们, 医好了他们的病人。

15 黄昏的时候, 门徒前来对他说: "这是旷野的地方, 时间也不早了, 请叫群众散开, 好让他们往村里去, 买自己的食物吧。"

16 耶稣回答: "他们用不着离开, 你们给他们吃吧! "

17 但门徒说: "我们这里除了五个饼和两条鱼, 什么也没有。"

18 他说: "拿过来给我。"

19 于是吩咐群众坐在草地上, 拿起那五个饼两条鱼, 望着天, 祝谢了; 然后把饼擘开, 递给门徒, 门徒又分给群众。

20 大家都吃了, 并且吃饱了, 他们把剩下的零碎拾起来, 装满了十二个篮子。

21 吃的人, 除了妇女和孩子, 约有五千。

22 耶稣立刻催门徒上船, 叫他们先到对岸去, 他却留下来叫群众散开。

23 他解散了群众, 就独自上山去祷告。到了晚上, 他还是独自一人在那里。

24 那时门徒的船已经离岸数公里, 因为逆风, 被波浪冲击。

25 天快亮的时候("天快亮的时候"原文作"夜里四更天"), 耶稣在海面上向他们走过去。

26 门徒见他在海面上行走, 就很惊慌, 说: "有鬼啊! "并且恐惧得大叫起来。

27 耶稣立刻对他们说: "放心吧! 是我, 不要怕。"

28 彼得对他说: "主啊, 如果是你, 让我在水面上到你那里去。"

29 他说: "来吧! "彼得就从船上下来, 行在水面上, 走向耶稣那里去。

30 但他一见风浪就害怕, 快要沉下去的时候, 就呼叫: "主啊! 救我! "

31 耶稣马上伸手拉住他, 对他说: "小信的人哪, 为什么疑惑?"

32 他们上了船, 风就平静了。

33 船上的人都拜他, 说: "你真是 神的儿子。"

34 他们过到对岸, 来到革尼撒勒的地区。

35 那地的人认出是耶稣, 就把消息传遍了那一带。众人把一切有病的人都带来,

36 求耶稣让他们只摸一摸他衣服的繸子, 摸着的人就都痊愈了。