1 Die basuin aan jou mond! Soos 'n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.
2 My roep hulle toe: My God, ons, Israel, ken U.
3 Israel het die goeie verwerp -- die vyand sal hom agtervolg!
4 Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.
5 Jou kalf, o Samar¡a, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?
6 Want dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word -- die kalf van Samar¡a.
7 Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.
8 Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is.
9 Want hulle het opgetrek na Assur -- 'n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! -- hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.
10 Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.
11 Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig -- die altare het vir hom tot sonde geword.
12 Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag.
13 Slagoffers, My aangebied, offer hulle -- vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
14 Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda 'n menigte versterkte stede, daarom sal Ek 'n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.
1 "你要把号角放在你的嘴上, 敌人如鹰一般来攻击耶和华的家; 因为他们违背了我的约, 干犯了我的律法。
2 他们必向我哀求: ‘我的 神啊! 我们以色列认识你。’
3 以色列弃绝了良善, 所以仇敌必追赶他。
4 "他们立了君王, 却不是出于我; 他们立了首领, 我却不知道。他们用自己的金银为自己做了偶像, 以致他们被剪除。
5 撒玛利亚啊! 我要除掉你的牛犊, 我的怒气要向撒玛利亚人发作, 他们要到几时才能无罪免罚呢?
6 这牛犊是出于以色列, 是匠人所做的, 它并不是神, 撒玛利亚的牛犊必被粉碎。
7 他们播种的是风, 收成的是暴风。生出来的苗没有麦穗, 不能做成面粉; 即或做成面粉, 也必被别国的人吞吃。
8 以色列被吞吃, 如今在万国中, 好像没有人喜悦的器皿。
9 他们上去投奔亚述, 像一只独行的野驴, 以法莲贿买爱人。
10 他们虽然在列国中贿买人, 我现在却要招聚他们。他们因着君王和领袖所加的重担, 逐渐衰微。
11 以法莲增添好些祭坛去犯罪, 这些就成了他们犯罪的祭坛。
12 我虽然为他们写了律法万条, 他们却看作是为外族人写的, 与他们毫无关系一般。
13 他们喜爱献祭, 献肉为祭, 又拿来吃; 耶和华却不喜悦他们。他必记得他们的罪孽, 追讨他们的罪恶; 他们必回到埃及去。
14 以色列忘记了造他的主, 建造了很多宫殿; 犹大也增添了很多坚固城。我却要降火在他的众城中, 吞灭他的堡垒。"