1 Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.
2 Anders sal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos 'n woestyn, ja, haar stel soos 'n dor land en haar van dors laat sterwe.
3 En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.
4 Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee.
5 Daarom, kyk, Ek sal jou weg met dorings toemaak en om haar 'n muur bou, sodat sy haar paaie nie sal vind nie.
6 En sy sal haar minnaars agternaloop, maar hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar nie vind nie. Dan sal sy sê: Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.
7 Ja, sy het nie erken dat Ek aan haar die koring en die mos en die olie gegee het nie, ook silwer vir haar vermenigvuldig het en goud, wat hulle vir Ba„l gebruik het.
8 Daarom sal Ek my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem my wol en my vlas wat dien om haar naaktheid te bedek.
9 Ek sal dan nou haar skaamte ontbloot voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit my hand red nie.
10 En Ek maak 'n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.
11 En Ek sal haar wingerdstok en haar vyeboom verwoes waarvan sy gesê het: Hierdie dinge is my hoereloon wat my minnaars my gegee het; en Ek sal dit tot 'n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit opeet.
12 So besoek Ek dan aan haar die dae van die Ba„ls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek die HERE.
13 Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.
14 Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot 'n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.
15 En in die dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Ba„l nie.
16 Dan verwyder Ek die name van die Ba„ls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.
17 Verder sluit Ek in die dag vir hulle 'n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus.
18 En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.
19 En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken.
20 En in die dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en die sal die aarde verhoor.
21 En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en die sal J¡sreël verhoor.
22 En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rug ma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!
1 "你们要对你们的兄弟说: ‘我的子民’; 要对你们的姊妹说: ‘蒙怜悯的’。
2 要与你们的母亲争论, 你们要争论, 因为她不是我的妻子, 我也不是她的丈夫; 好让她除掉脸上的淫相, 和乳间的淫态,
3 免得我把她剥光, 赤身露体, 使她像刚生下来的那天一样; 又使她像旷野, 像无水的旱地一般, 叫她因干渴而死。
4 我必不怜恤她的儿子, 因为他们是像娼妓的儿女;
5 因为他们的母亲卖了淫, 怀他们的作了羞耻的事; 因为她曾说: ‘我要跟随我那些爱人。我的饼和水, 羊毛和麻布, 油和我所喝的, 都是他们给的。’
6 因此, 我要用荆棘堵塞她的通道, 我要筑墙围住她, 使她找不着出路。
7 她要追赶她那些爱人, 却追不上; 要寻找他们, 却找不着。她就说: ‘我要回去, 回到前夫那里, 因为从前比现在好得多了。’
8 其实她不知道, 是我把五谷、新酒、橄榄油赐给了她; 甚至他们用来制造巴力的金银, 也是我大量给她的;
9 因此, 到了收割的时候, 到了出酒的季节, 我必收回五谷和新酒; 用来给她遮蔽裸体的羊毛和麻布, 我也必夺回。
10 那时, 我要在她那些爱人眼前, 暴露她的下体; 也没有人能救她脱离我的手。
11 我必使她的一切欢乐、节期、新月、安息日, 或任何盛会都终止。
12 我必毁坏她的葡萄树和无花果树, 就是她曾说: ‘这是我作妓女所赚的, 是我那些爱人给我的。’我必使这些果树成为荒林, 任由田野的走兽吃掉。
13 她在拜众巴力的日子, 向他们烧香, 佩戴耳环首饰, 打扮自己, 跟随她那些爱人, 却把我遗忘, 所以我必惩罚她。"这是耶和华说的。
14 "因此, 我要诱导她, 领她到旷野, 对她说安慰的话。
15 在那里我要把葡萄园归还给她, 使亚割谷变成‘希望之门’。她必在那里回应, 像她少年的时候一样, 也像她从埃及地上来的那天一般。"
16 耶和华说: "到那日, 你必称呼我‘伊施’("伊施"意即"我夫"), 不再称呼我‘巴力’("巴力"意即"我主")。
17 我要把‘巴力’的名字从她口中除掉; 他们的名字没有人再提起。
18 到那日, 为了他们, 我必和田野的走兽、空中的飞鸟、地上的爬虫立约; 我必从这地折断弓弩、刀剑和兵器; 使他们安然居住。
19 我必聘你永远归我, 以公义、正直、忠信和怜悯聘你归我。
20 我必以信实聘你归我; 这样, 你就必认识耶和华。"
21 耶和华说: "到那日, 我必应允, 我必应允天, 天必应允地,
22 地必应允五谷、新酒和油。这些必应允耶斯列("耶斯列"意即"栽种")。
23 我必为了自己把她栽种在这地。我必怜恤那些不蒙怜恤的。我必对那些不是我的子民说: ‘你是我的子民’, 他们必说: ‘你是我们的 神。’"