1 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:
2 As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester A„ron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
3 en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.
4 Maar as dit 'n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester die aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
5 As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog 'n keer sewe dae lank opsluit.
6 Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog 'n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is 'n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.
7 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog 'n keer aan die priester vertoon.
8 En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.
9 As die plaag van melaatsheid aan 'n mens is, moet hy na die priester gebring word.
10 En as die priester sien dat daar 'n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar wilde vlees in die swelsel groei,
11 dan is dit 'n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.
12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;
13 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.
14 Maar so gou as wilde vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
15 en as die priester die wilde vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein, dit is melaatsheid.
16 Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.
17 As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.
18 Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel, 'n sweer is en gesond word,
19 maar in die plek van die sweer 'n wit swelsel of 'n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.
20 As die priester sien dat dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.
21 Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
22 En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid.
23 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
24 Of as in die vlees, in sy vel 'n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek 'n rooierige wit of wit vlek is;
25 en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
26 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
27 Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
28 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
29 Verder, as daar by 'n man of vrou 'n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,
30 en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.
31 Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
32 Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog 'n keer sewe dae lank opsluit.
34 Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
35 Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,
36 en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.
37 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
38 Verder, as 'n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,
39 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
40 En as 'n man se hoof kaal word, is hy 'n kaalkop; hy is rein.
41 En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy 'n bles; hy is rein.
42 Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.
43 As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,
44 dan is hy 'n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag.
45 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!
46 Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
47 Verder, as daar in 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne;
48 of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk;
49 en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien.
50 Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit.
51 Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; so iets is onrein.
52 Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
53 Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie,
54 dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog 'n keer sewe dae lank opsluit.
55 As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter of aan die voorkant.
56 Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.
57 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit 'n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.
58 Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog 'n keer gewas word, en dit sal rein wees.
59 Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
1 耶和华对摩西和亚伦说:
2 "如果有人在皮肉上生了瘤, 或癣, 或火斑, 后来皮肉变成了大痲风病症(本章病名多不能确定它们的学名。传统翻译作"痲风"的希伯来字, 本章用来形容不同的皮肤病症), 就要把他带到一个作祭司的亚伦子孙那里。
3 祭司要察看皮肉上的病症; 如果患处的毛已经变白("变白"或译: "较其他皮肉色泽显然为深"), 病症的现象又深透皮下的肉, 就是大痲风病症, 祭司发现这样, 就要宣布他为不洁净。
4 火斑若是在他的皮肉上发白, 但没有深透皮肤的现象, 上面的毛也没有变白, 祭司就要把患者隔离七天。
5 到了第七天, 祭司要察看他, 如果看见病情止住了, 皮上的患处没有蔓延, 祭司还要把他再隔离七天。
6 到了第七天, 祭司要再察看他; 如果看见患处色泽变淡, 也没有在皮上蔓延, 祭司就要宣布他为洁净, 这不过是癣; 他洗净衣服, 就得洁净了。
7 但是祭司察看, 宣布他洁净以后, 癣若是在皮上蔓延, 他就要再次给祭司察看。
8 祭司要察看他; 如果发现癣在皮上蔓延了, 祭司就要宣布他为不洁净; 这是大痲风。
9 "如果有人感染到大痲风, 就要带他到祭司那里。
10 祭司要察看, 如果发现皮上有白色浮肿, 毛已经变白, 患处的肉红肿,
11 这就是皮肉上的潜伏性痲风病发作, 祭司要宣布他为不洁净; 不必隔离观察, 因为他已经不洁净。
12 如果祭司认为痲风病已在皮上蔓延, 从头到脚遮满了患病者全身的皮,
13 那么祭司就要察看; 如果看见痲风布满了他的全身, 祭司就要宣布那患病者为洁净; 因为全身变白, 就算是洁净。
14 但他身上什么时候出现红肿的肉, 他就成为不洁净。
15 祭司发现那红肿的肉, 就要宣布他为不洁净; 红肿的肉原来是不洁净的, 是痲风病。
16 但红肿的肉若是再复原, 又变成白, 他就要到祭司那里,
17 祭司要察看; 如果看见患处变白了, 祭司就要宣布那患病者为洁净的; 他就洁净了。
18 "人若是在皮肉上生了疮, 已经医好了;
19 但在长疮之处又起了白色浮肿, 或是白中带红的火斑, 他就要给祭司察看。
20 祭司要察看; 如果发现有深透皮肤的现象, 上面的毛也变白了, 祭司就要宣布他为不洁净; 这就是在疮中发作出来的痲风病。
21 但如果祭司察看病情, 看见上面没有白毛, 也没有深透皮肤, 只是发暗而已, 祭司就要把他隔离七天;
22 如果在皮肤上蔓延, 祭司就要宣布他为不洁净; 这就是痲风病。
23 火斑若是在原处止住, 没有蔓延, 就是疮的疤痕, 祭司就要宣布他为洁净。
24 "如果人的皮肉发炎, 发炎红肿的肉成了火斑, 白中带红, 或是纯白,
25 祭司就要察看病情; 如果发现火斑中的毛变白了, 又有深透皮肤的现象, 这就是从发炎发作出来的痲风病。祭司就要宣布他为不洁净; 这是痲风病。
26 但如果祭司察看病情, 看见火斑中没有白毛, 也没有深透皮肤, 只是发暗而已, 祭司就要把他隔离七天。
27 到了第七天, 祭司要察看; 火斑若是在皮上蔓延, 祭司就要宣布他为不洁净, 这是痲风病。
28 火斑若是在原处止住, 没有在皮上蔓延, 只是发暗而已, 这是发炎肿瘤, 祭司就要宣布他为洁净, 因为这只是发炎的疤痕。
29 "无论男女, 如果在头上或是胡须上受到感染,
30 祭司要察看那病; 如果发现有深透皮肤的现象, 而且还有黄色细毛, 祭司就要宣布他为不洁净, 这是癞痢, 是头上或是胡须上的痲风病。
31 祭司察看癞痢的患处; 如果看见没有深透皮肤的现象, 那里也没有黑毛, 祭司就要把那患癞痢的人隔离七天。
32 到了第七天, 祭司要察看患处; 如果看见癞痢没有蔓延, 那里也没有黄毛, 癞痢也没有深透皮肤的现象,
33 那人就要剃去须发, 患癞痢的地方却不可剃; 祭司要把那患癞痢的人再隔离七天。
34 到了第七天, 祭司要再察看那癞痢; 如果看见癞痢在皮上没有蔓延, 也没有深透皮肤的现象, 祭司就要宣布他为洁净; 他洗净衣服, 就洁净了。
35 但是他得洁净以后, 癞痢若是在皮上蔓延,
36 祭司就要察看; 如果发现癞痢在皮上蔓延, 祭司不必找黄毛, 他已经不洁净。
37 如果祭司认为, 癞痢已经止住, 那里也长了黑毛; 癞痢已经痊愈, 那人就洁净了, 祭司要宣布他为洁净。
38 "无论男女, 皮肉上若是起了斑点, 白色的斑点,
39 祭司就要察看; 如果发现斑点在皮肉上呈灰白色, 这是皮肤出疹, 那人是洁净的。
40 "人的头发若是掉下了, 只不过是秃头, 还是洁净的。
41 人的头顶上若是掉下了头发, 只不过是秃额, 他还是洁净的。
42 但是头顶秃处或是额前秃处, 若有白中带红的病症, 这就是痲风病, 在他的头顶秃处或是额前处发作。
43 祭司就要察看, 如果发现在他头顶秃处或是额前秃处, 有白中带红的浮肿病症, 像皮肉上痲风病的现象,
44 那人就是患了痲风病, 就不洁净; 祭司要宣布他为不洁净, 那人头上染了痲风。
45 "身上患有痲风病的人, 要撕裂自己的衣服, 披头散发, 遮盖上唇喊叫: ‘不洁净! 不洁净! ’
46 在他患病的日子里, 他是不洁净的; 他既然不洁净, 就要独居, 住在营外。
47 "染了痲风病的衣服, 无论是羊毛衣服或是麻布衣服;
48 不论是编结的或是纺织的; 是麻布的或是羊毛的; 是皮子或是皮子做成的任何物件;
49 病症若是在衣服或皮子、编结物或纺织物, 或任何皮子做成的器具上发绿或发红, 那就是发霉("发霉"与"恶性皮肤病"是同一希伯来字)的现象, 要给祭司察看。
50 祭司要察看那现象, 把染了病症之物隔离七天。
51 到了第七天, 祭司要察看那病症; 如果那病症在衣服、编结物、纺织物、皮子, 或是任何皮子做成的物件上蔓延, 这就是顽恶的霉, 那件物件就不洁净了。
52 染上病症的衣服, 无论是编结的或是纺织的, 是羊毛或是麻布, 或任何皮子做的物件, 都要烧掉。因为那是顽恶的霉, 所以要用火烧掉。
53 "但如果祭司察看病症, 在衣服、编结物、纺织物, 或是皮子做的任何物件上, 没有蔓延,
54 祭司就要吩咐人把它洗净, 然后再隔离七天。
55 洗净以后, 祭司要察看; 如果看见那病症没有转变, 虽然没有蔓延, 那物件仍是不洁净; 要用火把它烧掉, 因为里外都腐蚀了。
56 "但如果祭司察看的时候, 看见它洗净以后, 色泽暗淡了, 就要把那部分从衣服或是皮子、编结物或纺织物上撕下来。
57 如果病症再出现在剩下的衣服、编结物、纺织物或任何皮子做的物件上, 那就是病症仍然发作, 染了病症的物件, 要用火烧掉。
58 如果病症离开了, 经过洗净, 剩下的衣服, 无论编结的或是纺织的, 或任何皮子做的物件, 只要再洗一次, 就洁净了。"
59 以上是与羊毛衣服或是麻布衣服、编结的或纺织的或任何皮子做的物件有关的发霉律例, 可以断定洁净, 或是不洁净。