1 'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
2 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
3 Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
10 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
12 Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
13 Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.
14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om die te slag wat opreg is van weg.
15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
16 Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
17 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.
18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
20 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
21 Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
22 want die wat deur Hom geseënword, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
23 Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.
24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.
25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.
27 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;
28 want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
32 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
33 Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.
34 Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
35 Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.
36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
37 Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.
38 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.
39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40 En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
1 不要因作恶的人心怀不平, 不要因犯罪的人产生嫉妒。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 因为他们好像草快要枯干, 像即将凋萎的青草。
3 你要倚靠耶和华, 并要行善; 你要住在地上, 以信实为粮食。
4 你要以耶和华为乐, 他就把你心里所求的赐给你。
5 你要把你的道路交托耶和华, 并倚靠他, 他就必成全。
6 他必使你的公义好像光发出, 使你的公正如日中天。
7 你要在耶和华面前静默无声, 耐心地等候他; 不要因那凡事顺利的, 和那恶谋得逞的, 心怀不平。
8 你要抑制怒气, 消除烈怒; 不要心怀不平, 那只会导致你作恶。
9 因为作恶的必被剪除, 但等候耶和华的必承受地土。
10 再过不久, 恶人就不存在了; 你到他的地方寻找, 也找不到。
11 但谦卑的人必承受地土, 可以享受丰盛的平安。
12 恶人谋害义人, 向他咬牙切齿;
13 但主必笑他, 因为知道他遭报的日子快要来到。
14 恶人已经拔出刀来, 拉开了弓, 要打倒困苦和贫穷的人, 杀害行为正直的人。
15 他们的刀必刺入自己的心, 他们的弓必被折断。
16 一个义人拥有的虽少, 胜过许多恶人的财富。
17 因为恶人的膀臂必被折断, 耶和华却扶持义人。
18 耶和华眷顾完全人在世的日子, 他们的产业必存到永远。
19 在患难的时候, 他们必不蒙羞; 在饥荒的日子, 他们必得饱足。
20 恶人却必灭亡; 耶和华的仇敌好像草场的华美, 他们必要消失, 像烟一般消失。
21 恶人借贷总不偿还, 义人却慷慨施舍。
22 蒙耶和华赐福的, 必承受地土; 受他咒诅的, 必被剪除。
23 人的脚步是耶和华立定的, 他的道路也是耶和华喜悦的。
24 他虽然跌跤, 却不至仆倒; 因为耶和华用手扶持他。
25 我从前年幼, 现在年老, 从未见过义人被弃, 也从未见过他的后裔讨饭。
26 他常常慷慨借给人; 他的后裔必定蒙福。
27 应当离恶行善, 你就可以永远安居。
28 因为耶和华喜爱公正, 也不撇弃他的圣民; 他们必永远蒙庇佑, 恶人的后裔却必被剪除。
29 义人必承受地土, 永远居住在自己的地上。
30 义人的口说出智慧, 他的舌头讲论正义。
31 神的律法在他心里, 他的脚步必不滑跌。
32 恶人窥伺义人, 想要杀死他。
33 耶和华必不把他撇弃在恶人的手中, 在审判的时候, 也不定他的罪。
34 你要等候耶和华, 谨守他的道; 他必高举你, 使你承受地土; 恶人被剪除的时候, 你必看见。
35 我曾看见强暴的恶人兴旺, 像树木在本土茂盛。
36 但他很快就消逝, 不再存在了; 我寻找他, 却找不到。
37 你要细察完全人, 观看正直人; 因为爱和平的必有后代。
38 犯罪的人必一同灭绝, 恶人的后代必被剪除。
39 义人的拯救是由耶和华而来; 在患难的时候, 他作他们的避难所。
40 耶和华帮助他们, 搭救他们; 他搭救他们脱离恶人, 拯救他们, 因为他们投靠他。