1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.

2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.

5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,

6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.

8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.

9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

14 Maar ,k, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. [ (Psalms 88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis. ]

1 耶和华、拯救我的 神啊! 我昼夜都在你面前哀求。

2 愿我的祷告达到你面前, 求你留心听我的呼求。

3 因为我饱经忧患, 我的性命临近阴间。

4 我被列在下坑的人中, 就像一个没有气力的人一样。

5 我被弃在死人之中, 好像被杀的人躺在坟墓里; 你不再记念他们, 他们也和你("你"原文作"你的手")隔绝了。

6 你把我放在最深的坑里, 把我放在黑暗的地方和深渊里。

7 你的烈怒重重地压着我, 你的波浪从四方八面把我淹盖。(细拉)

8 你使我的知己都远离我, 使我成为他们所厌恶的。我被囚禁, 不能外出。

9 我的眼睛因困苦而昏花; 耶和华啊, 我天天向你呼求, 向你举手祷告。

10 你要为死人行奇事吗?阴魂会起来称谢你吗?(细拉)

11 在坟墓里有人述说你的慈爱吗?在灭亡之地("灭亡之地"原文作"亚巴顿")有人述说你的信实吗?

12 你的奇事在黑暗里有人知道吗?你的公义在那遗忘之地有人知道吗?

13 耶和华啊! 我却向你呼求, 我的祷告在早晨达到你面前。

14 耶和华啊! 你为什么丢弃我?为什么掩面不顾我?

15 我自幼受苦, 几乎死亡; 我受了惊吓, 以致困惑不安("困惑不安"原文意义难确定)。

16 你的烈怒把我淹没, 你的惊吓把我除灭。

17 这些终日像水一样环绕我, 一起把我围困。

18 你使我挚爱的和同伴都远离我, 黑暗成了我的知己。