1 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

4 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

5 wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

1 耶和华啊! 谁能在你的帐幕里寄居?谁能在你的圣山上居住呢?(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 就是行为完全, 作事公义, 心里说诚实话的人。

3 他不以舌头诋毁人, 不恶待朋友, 也不毁谤他的邻居。

4 他眼中藐视卑鄙的人, 却尊重敬畏耶和华的人。他起了誓, 纵然自己吃亏, 也不更改。

5 他不拿自己的银子放债取利, 也不收受贿赂陷害无辜; 行这些事的人, 必永不动摇。