1 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
6 En -- die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond --
17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
18 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.
20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
1 大能者 神耶和华已经说话, 从日出之地到日落之处呼唤大地。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 神从全美的锡安, 已经彰显荣光。
3 我们的 神来临, 决不缄默无声; 在他面前有火燃烧, 在他四周有暴风刮起。
4 他向天上、向地下呼唤, 为要审判自己的子民, 说:
5 "你们把我的圣民聚集到我这里来, 就是那些用祭物与我立约的人。"
6 诸天宣扬他的公义, 因为 神自己就是审判者。(细拉)
7 "我的子民哪! 你们要听, 我要说话; 以色列啊! 我要控诉你; 我是 神, 是你的 神。
8 我不是因你的祭物责备你, 你的燔祭常在我面前。
9 我不从你家里取公牛, 也不从你羊圈中取公山羊。
10 因为树林中的百兽是我的, 千山上的牲畜也是我的。
11 山中的雀鸟我都认识, 田野的走兽也都属我。
12 如果我饿了, 我也不用对你说; 因为世界和其中所充满的, 都是我的。
13 难道我要吃公牛的肉吗?要喝公山羊的血吗?
14 你要以感谢为祭献给 神, 又要向至高者还你的愿。
15 在患难的日子, 你呼求我。我必搭救你, 你也必尊敬我。"
16 但 神对恶人说: "你怎么敢述说我的律例, 你的口怎么敢提到我的约呢?
17 至于你, 你憎恨管教, 并且把我的话丢在背后。
18 你看见盗贼的时候, 就乐于和他在一起; 你又与行淫的人有分。
19 你使你的口乱说坏话, 使你的舌头编造谎言。
20 你经常毁谤你的兄弟, 诬蔑你母亲的儿子。
21 你作了这些事, 我默不作声; 你以为我和你一样?其实我要责备你, 要当面指控你。
22 忘记 神的人哪! 你们要思想这事, 免得我把你们撕碎, 没有人能搭救。
23 凡是以感谢为祭献上的, 就是尊敬我; 那预备道路的, 我必使他得见 神的救恩。"