1 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.

2 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!

3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!

4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.

5 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.

6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.

7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

10 o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.

11 Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

12 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;

14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, [ (Psalms 48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe. ]

1 在我们 神的城中, 在他的圣山上, 耶和华是至大的, 应该大受赞美。

2 在北面的锡安山、大君王的城, 美丽高耸, 是全地所喜欢的。

3 神在城的堡垒中, 显明自己是避难所。

4 看哪! 列王会合, 一同前进。

5 他们一见这城, 就惊惶, 慌忙逃跑。

6 他们在那里战栗恐惧; 他们痛苦好像妇人分娩时一样。

7 你用东风摧毁他施的船队。

8 在万军之耶和华的城中, 就是在我们 神的城中, 我们所看见的, 正如我们所听见的: 神必坚立这城, 直到永远。(细拉)

9 神啊! 我们在你的殿中, 想念你的慈爱。

10 神啊! 你受的赞美, 就像你的名一样, 达到地极; 你的右手满了公义。

11 因你的审判, 锡安山应当欢喜, 犹大的居民("居民"原文作"女子")应当快乐。

12 你们要在锡安四处巡行, 绕城一周, 数点城楼,

13 细察它的外墙, 巡视它的堡垒, 使你们可以述说给后代的人听。

14 因为这位 神就是我们的 神, 直到永永远远; 他必引导我们, 直到我们死的时候。