1 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.2 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.5 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.10 o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.11 Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.12 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, [ (Psalms 48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe. ]
1 在我们 神的城中, 在他的圣山上, 耶和华是至大的, 应该大受赞美。 2 在北面的锡安山、大君王的城, 美丽高耸, 是全地所喜欢的。 3 神在城的堡垒中, 显明自己是避难所。 4 看哪! 列王会合, 一同前进。 5 他们一见这城, 就惊惶, 慌忙逃跑。 6 他们在那里战栗恐惧; 他们痛苦好像妇人分娩时一样。 7 你用东风摧毁他施的船队。 8 在万军之耶和华的城中, 就是在我们 神的城中, 我们所看见的, 正如我们所听见的: 神必坚立这城, 直到永远。(细拉) 9 神啊! 我们在你的殿中, 想念你的慈爱。 10 神啊! 你受的赞美, 就像你的名一样, 达到地极; 你的右手满了公义。 11 因你的审判, 锡安山应当欢喜, 犹大的居民("居民"原文作"女子")应当快乐。 12 你们要在锡安四处巡行, 绕城一周, 数点城楼, 13 细察它的外墙, 巡视它的堡垒, 使你们可以述说给后代的人听。 14 因为这位 神就是我们的 神, 直到永永远远; 他必引导我们, 直到我们死的时候。