1 Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,2 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?7 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!
1 以色列出了埃及, 雅各家离开了说外国语言的人民的时候, 2 犹大就成了主的圣所, 以色列成了他的王国。 3 大海看见就奔逃, 约旦河也倒流。 4 大山跳跃像公羊, 小山蹦跳像小羊。 5 大海啊! 你为什么奔逃?约旦河啊! 你为什么倒流? 6 大山啊! 你们为什么跳跃像公羊?小山啊! 你们为什么蹦跳像小羊? 7 大地啊! 你在主的面前, 在雅各的 神面前要战抖。 8 他使磐石变为水池, 使坚石变为水泉。