1 'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.3 Hulle het hulle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.4 Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.5 Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?6 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.7 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.8 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.10 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.11 Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.12 En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.13 En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.
1 神啊! 外族人侵入你的产业, 污秽了你的圣殿, 使耶路撒冷成为废墟。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题) 2 他们把你仆人的尸首, 给空中的飞鸟啄食; 把你圣民的肉, 给地上的野兽吞噬。 3 他们在耶路撒冷的周围把圣民的血像水一般倒出, 没有人埋葬他们。 4 我们成为邻国羞辱的对象, 成为四周的人嗤笑和讥刺的目标。 5 耶和华啊! 要到几时呢?你要永远怀怒吗?你的愤恨要像火焚烧吗? 6 愿你把你的烈怒, 倾倒在不认识你的外族人, 和不求告你名的列国身上。 7 因为他们吞吃了雅各, 使他的住处荒凉。 8 求你不要记住我们祖先的罪孽; 愿你的怜悯快快临到我们, 因为我们落到极卑微的地步。 9 拯救我们的 神啊! 求你因你名的荣耀帮助我们; 为你名的缘故, 搭救我们, 赦免我们的罪。 10 为什么容外族人说: "他们的 神在哪里呢?"愿我们亲眼看见你在列邦中, 使人知道你要为你仆人所流的血伸冤。 11 愿被囚的人的唉哼, 达到你面前; 愿你用你的大能, 使那些已定死罪的人可以存留。 12 主啊! 愿你把我们邻国羞辱你的羞辱, 七倍归还在他们身上。 13 这样, 我们作你的子民, 作你牧场上的羊的, 要永远称谢你; 我们要世世代代述说你可称颂的事。