1 'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.

2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.

3 Hulle het hulle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.

4 Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

5 Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?

6 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.

7 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.

8 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.

9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.

10 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.

11 Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.

12 En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.

13 En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.

1 神啊! 外族人侵入你的产业, 污秽了你的圣殿, 使耶路撒冷成为废墟。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 他们把你仆人的尸首, 给空中的飞鸟啄食; 把你圣民的肉, 给地上的野兽吞噬。

3 他们在耶路撒冷的周围把圣民的血像水一般倒出, 没有人埋葬他们。

4 我们成为邻国羞辱的对象, 成为四周的人嗤笑和讥刺的目标。

5 耶和华啊! 要到几时呢?你要永远怀怒吗?你的愤恨要像火焚烧吗?

6 愿你把你的烈怒, 倾倒在不认识你的外族人, 和不求告你名的列国身上。

7 因为他们吞吃了雅各, 使他的住处荒凉。

8 求你不要记住我们祖先的罪孽; 愿你的怜悯快快临到我们, 因为我们落到极卑微的地步。

9 拯救我们的 神啊! 求你因你名的荣耀帮助我们; 为你名的缘故, 搭救我们, 赦免我们的罪。

10 为什么容外族人说: "他们的 神在哪里呢?"愿我们亲眼看见你在列邦中, 使人知道你要为你仆人所流的血伸冤。

11 愿被囚的人的唉哼, 达到你面前; 愿你用你的大能, 使那些已定死罪的人可以存留。

12 主啊! 愿你把我们邻国羞辱你的羞辱, 七倍归还在他们身上。

13 这样, 我们作你的子民, 作你牧场上的羊的, 要永远称谢你; 我们要世世代代述说你可称颂的事。