1 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.

6 En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

14 U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere.

15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.

19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.

23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

1 神啊! 你为什么永远丢弃我们呢?为什么你的怒气向你草场上的羊群好像烟冒出呢?(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 求你记念你在古时买赎的会众, 就是你赎回作你产业的民族; 求你记念你所居住的锡安山。

3 求你举步去看那些长久荒凉的地方, 去看仇敌在圣所里所行的一切恶事。

4 你的敌人在敬拜你的聚会中吼叫, 他们竖起了自己的旗帜为记号。

5 他们好像那些举起斧子, 在树林中砍伐树木的人。

6 圣殿中的一切雕刻, 他们都用斧子和铳子打碎了。

7 他们用火把你的圣所烧成焦土, 他们亵渎你名的居所。

8 他们心里说: "我们要把它们完全毁灭! "他们烧毁了地上一切敬拜 神的聚会地方。

9 我们看不见我们的记号, 也不再有先知; 我们中间也没有人知道这灾祸要到几时。

10 神啊! 敌人辱骂你要到几时呢?仇敌亵慢你的名要到永远吗?

11 你为什么把你的手, 就是你的右手收回呢?求你从怀中抽出来毁灭他们。

12 神自古以来就是我的君王, 在地上施行拯救。

13 你曾用你的大能分开大海, 把海中怪兽的头都打碎了。

14 你砸碎了利未亚坦("利未亚坦"为原文音译词, 或译: "海怪"〔伯3:8〕或"鳄鱼"〔伯41:1〕)的头, 把它给住在旷野的人作食物。

15 你曾开辟泉源和溪流, 又使长流不息的江河干涸。

16 白昼是你的, 黑夜也是你的, 月亮和太阳, 都是你设立的。

17 地上的一切疆界都是你立定的, 夏天和冬天都是你制定的。

18 耶和华啊! 仇敌辱骂你, 愚顽人亵渎你的名, 求你记念这事。

19 求你不要把你斑鸠的性命交给野兽, 不要永远忘记你困苦人的性命。

20 求你顾念所立的约, 因为地上黑暗的地方充满了强暴的居所。

21 不要使受欺压的人蒙羞回去, 要使困苦、贫穷的人赞美你的名。

22 神啊! 求你起来, 为你的案件辩护, 要记得愚顽人终日对你的辱骂。

23 求你不要忘记你敌人的声音, 不要忘记那些起来与你为敌的人不住加剧地喧闹。