Publicidade

Salmos 98

1 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.2 Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.3 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.4 Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!5 Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,6 met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.8 Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel9 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

1 你们要向耶和华唱新歌, 因为他行了奇妙的事; 他的右手和他的圣臂, 为他施行拯救。 2 耶和华显明了他的救恩, 在列国眼前显示了他的公义。 3 他记念他向以色列家所应许的慈爱和信实, 地的四极都看见我们 神的救恩。 4 全地都要向耶和华欢呼, 要发声欢唱, 要歌颂。 5 要弹琴歌颂耶和华, 要用琴和歌声歌颂他; 6 要用号筒和号角的声音, 在大君王耶和华面前欢呼。 7 愿海和海中充满的, 都翻腾响闹, 愿世界和住在世上的也都发声; 8 愿江河拍手, 愿群山一起欢呼; 9 它们都要在耶和华面前欢呼, 因为他来是要审判全地, 他要按着公义审判世界, 凭着公正审判万民。

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-03-22_20-08-07-green