1 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.

2 Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

3 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4 Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

5 Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,

6 met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!

7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.

8 Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel

9 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

1 你们要向耶和华唱新歌, 因为他行了奇妙的事; 他的右手和他的圣臂, 为他施行拯救。

2 耶和华显明了他的救恩, 在列国眼前显示了他的公义。

3 他记念他向以色列家所应许的慈爱和信实, 地的四极都看见我们 神的救恩。

4 全地都要向耶和华欢呼, 要发声欢唱, 要歌颂。

5 要弹琴歌颂耶和华, 要用琴和歌声歌颂他;

6 要用号筒和号角的声音, 在大君王耶和华面前欢呼。

7 愿海和海中充满的, 都翻腾响闹, 愿世界和住在世上的也都发声;

8 愿江河拍手, 愿群山一起欢呼;

9 它们都要在耶和华面前欢呼, 因为他来是要审判全地, 他要按着公义审判世界, 凭着公正审判万民。