1 Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
2 HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
3 sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
4 HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
5 as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was,
6 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
7 Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
8 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
9 Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
10 Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
11 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
12 God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.
13 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
14 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
15 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.
16 Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
17 Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer. [ (Psalms 7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing. ]
1 耶和华我的 神啊! 我已经投靠了你, 求你拯救我脱离所有追赶我的人。求你搭救我,
2 免得他们像狮子一般把我撕裂, 把我撕碎的时候, 也没有人搭救。
3 耶和华我的 神啊! 如果我作了这事, 如果我手中有罪孽,
4 如果我以恶回报那与我为友的人, 或是无故掠夺与我为敌的人,
5 就任凭仇敌追赶我, 直到追上, 把我的性命践踏在地上, 使我的光荣归于尘土。(细拉)
6 耶和华啊! 求你在怒中起来, 求你挺身而起, 抵挡我敌人的暴怒, 求你为我兴起; 你已经出令施行审判。
7 愿万民聚集环绕你, 愿你归回高处, 统管他们。
8 愿耶和华审判万民。耶和华啊! 求你按着我的公义, 照着我心中的正直判断我。
9 愿恶人的恶行止息, 愿你使义人坚立。公义的 神啊! 你是察验人心肠肺腑的。
10 神是我的盾牌, 他拯救心里正直的人。
11 神是公义的审判者, 他是天天向恶人发怒的 神。
12 如果人不悔改, 神必把他的刀磨快。 神已经把弓拉开, 准备妥当。
13 他亲自预备了致命的武器, 他使所射的箭成为燃烧的箭。
14 看哪! 恶人为了罪孽经历产痛, 他怀的是恶毒, 生下的是虚谎。
15 他挖掘坑穴, 挖得深深的, 自己却掉进所挖的陷阱里。
16 他的恶毒必回到自己的头上, 他的强暴必落在自己的头顶上。
17 我要照着耶和华的公义称谢他, 歌颂至高者耶和华的名。