1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!

2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!

3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?

4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd -- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.

5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.

6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.

8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?

9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?

10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie -- Hy wat die mens kennis leer?

11 Die HERE ken die gedagtes van die mense -- dat hulle nietigheid is.

12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,

13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.

14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;

15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.

16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?

17 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.

18 As ek dink: My voet wankel -- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!

19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.

20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?

21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.

22 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.

23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.

1 耶和华啊! 你是伸冤的 神; 伸冤的 神啊! 求你显出荣光。

2 审判大地的主啊! 求你起来, 使骄傲的人得到应得的报应。

3 耶和华啊! 恶人得意要到几时呢?恶人欢乐要到几时呢?

4 他们不住地说骄傲的话, 所有作孽的人都夸耀自己。

5 耶和华啊! 他们欺压你的子民, 苦害你的产业。

6 他们杀死寡妇和寄居的, 又杀害孤儿。

7 他们还说: "耶和华必看不见, 雅各的 神并不留意。"

8 民间的愚昧人哪! 你们要留心; 愚顽人哪! 你们要到几时才能明白呢?

9 那造耳朵的, 自己不能听见吗?那造眼睛的, 自己不能看见吗?

10 那管教万国的, 不施行审判吗?那教导人的, 自己没有知识吗?

11 耶和华知道人的意念是虚妄的。

12 耶和华啊! 你所管教, 用律法教导的人, 是有福的。

13 在患难的日子, 你使他得享平安, 直到为恶人所预备的坑挖好了。

14 因为耶和华必不丢弃他的子民, 必不离弃他的产业。

15 因为审判必再转向公义, 所有心里正直的都必顺从。

16 谁肯为我起来攻击作恶的人呢?谁肯为我挺身而起对抗作孽的人呢?

17 如果不是耶和华帮助我, 我早就不在人世了("我早就不在人世了"原文作"我早就住在寂静中")。

18 我说: "我失了脚", 耶和华啊! 那时你的慈爱就扶持我。

19 我心里充满忧虑的时候, 你就安慰我, 使我的心欢乐。

20 凭着律例制造奸恶, 借着权位行毁灭的, 怎能和你相交呢?

21 他们集结起来攻击义人, 把无辜的人定了死罪。

22 但耶和华作了我的高台, 我的 神作了我避难的磐石。

23 他必使他们的罪孽归到他们身上, 他必因他们的罪恶灭绝他们; 耶和华我们的 神必把他们灭绝。