1 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
4 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
1 我在急难中呼求耶和华, 他就应允我。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 耶和华啊! 求你救我脱离说谎的嘴唇, 救我脱离诡诈的舌头。
3 诡诈的舌头啊! 他要给你什么呢?他要加给你什么呢?
4 就是勇士的利箭, 和罗腾木烧的炭火。
5 我寄居在米设, 住在基达的帐棚中, 有祸了。
6 我和恨恶和平的人, 同住得太久。
7 我希望有和平, 但我一说话, 他们就要争战。