1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.
2 Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
4 My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
5 Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof -- 'n feesvierende menigte!
6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van sy aangesig!
7 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
8 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
9 Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.
10 Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
11 Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? [ (Psalms 42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God! ]
1 神啊! 我的心渴慕你, 好像鹿渴慕溪水。
2 我的心渴想 神, 就是永活的 神; 我什么时候可以来朝见 神的面呢?
3 人整天对我说: "你的 神在哪里呢?"我就昼夜以眼泪当饭吃。
4 我从前常常和群众同去, 与他们进到 神的殿里, 在欢呼和称谢声中, 大家守节。每逢想起这些事, 我的心就感到难过。
5 我的心哪! 你为什么沮丧呢?为什么在我里面不安呢?应当等候 神; 因为我还要称赞他, 他是我面前的救助、我的 神。
6 我的心在我里面沮丧; 因此我从约旦地, 从黑门岭, 从米萨山, 记念你。
7 你的瀑布一发声, 深渊就和深渊响应; 你的洪涛和波浪都掩盖了我。
8 白天耶和华赐下他的慈爱; 夜间我要向他歌颂, 向赐我生命的 神祷告。
9 我要对 神我的磐石说: "你为什么忘记我呢?我为什么因仇敌的压迫徘徊悲哀呢?"
10 我的敌人整天对我说: "你的 神在哪里呢?"他们这样辱骂我的时候, 就像在击碎我的骨头。
11 我的心哪! 你为什么沮丧呢?为什么在我里面不安呢?应当等候 神; 因为我还要称赞他, 他是我面前的救助、我的 神。