1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.

2 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar hulle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

5 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.

6 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.

7 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

10 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.

12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.

14 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.

16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

20 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.

21 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god --

22 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde. [ (Psalms 44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil! ]

1 神啊! 你在古时, 在我们列祖的日子所作的事, 我们亲耳听见了, 我们的列祖也给我们述说过。

2 你曾亲手把列国赶出去, 却栽培了我们的列祖; 你曾苦待众民, 却使我们的列祖昌盛。

3 因为他们取得那地, 不是靠自己的刀剑; 他们得胜, 也不是靠自己的膀臂; 而是靠你的右手、你的膀臂和你脸上的光, 因为你喜悦他们。

4 神啊! 你是我的王; 求你出令, 使雅各得胜。

5 我们靠着你, 必打倒我们的敌人; 靠着你的名, 必践踏那些起来攻击我们的。

6 因为我不是倚靠我的弓, 我的刀剑也不能使我得胜。

7 但你使我们胜过了我们的敌人, 使憎恨我们的人都羞愧。

8 我们整天因 神夸耀, 我们要永远称赞你的名。(细拉)

9 现在, 你却弃绝我们, 使我们受辱, 不再和我们的军队一同出征。

10 你使我们在敌人面前转身后退; 憎恨我们的人都任意抢掠。

11 你使我们像给人宰吃的羊, 把我们分散在列国中。

12 你把你的子民廉价出售; 他们的售价并没有使你得到利益。

13 你使我们成为邻居的羞辱, 成为我们四周的人讥笑和讽刺的对象。

14 你使我们在列国中成为话柄, 在万民中使人摇头。

15 我的羞辱整天在我面前, 我脸上的羞愧把我遮盖了;

16 都因那辱骂和毁谤的人的声音, 并因仇敌和报仇者的缘故。

17 这一切临到我们身上, 我们却没有忘记你, 也没有违背你的约。

18 我们的心没有退后, 我们的脚步也没有偏离你的路。

19 但你竟在野狗之地把我们压伤了, 又以死亡的阴影笼罩我们。

20 如果我们忘记了我们 神的名, 或是向别神伸手祷告;

21 神不会查究这事吗?因为他知道人心的隐秘。

22 为你的缘故, 我们终日被置于死地; 人看我们如同将宰的羊。

23 主啊! 求你醒来, 为什么还睡着呢?求你起来, 不要永远弃绝我们。

24 你为什么掩面, 忘记了我们的苦难和压迫呢?

25 我们俯伏在尘土之上; 我们的身体紧贴地面。

26 求你起来帮助我们, 为了你慈爱的缘故救赎我们。