1 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!3 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!8 Verhard julle hart nie soos by M,riba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
1 来吧, 我们来向耶和华歌唱, 向拯救我们的磐石欢呼。 2 我们要来到他面前称谢他, 用诗歌向他欢呼。 3 因为耶和华是伟大的 神, 是超越众神的大君王。 4 地的深处在他手中, 山的高峰也都属他。 5 海洋属他, 因为是他创造的, 陆地也是他的手造成的。 6 来吧, 我们来俯伏敬拜, 在造我们的耶和华面前跪下。 7 因为他是我们的 神, 我们是他草场上的子民, 是他手下的羊群。如果你们今天听从他的声音, 8 就不要硬着心, 好像在米利巴, 就是在旷野的玛撒的日子一样。 9 在那里你们的祖先虽曾见过我的作为, 还是试探我, 考验我。 10 四十年之久, 我厌恶那个世代的人; 我曾说: "他们是心里迷误的人民, 不认识我的道路。" 11 所以我在忿怒中起誓, 说: "他们绝不可进入我的安息。"