1 En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!
2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
3 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as Hom afsonderlik:
4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?
5 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.
6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
9 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis.
10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
14 En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie -- laat hom wat lees, oplet -- dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;
15 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;
16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.
17 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
19 Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
20 En as die Here die dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy die dae verkort.
21 En as iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! -- moet dit nie glo nie.
22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
24 Maar in daardie dae, n die verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.
30 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
32 Maar van daardie dag en die uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.
33 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
34 Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
1 耶稣从殿里出来的时候, 有一个门徒对他说: "老师, 请看, 这是多么美好的石头! 多么美好的建筑! "
2 耶稣对他说: "你看见这些伟大的建筑吗?将来必没有一块石头留在另一块石头上面, 每一块都要拆下来。"
3 耶稣在橄榄山上, 面对圣殿坐着, 彼得、雅各、约翰和安得烈私下问他:
4 "请告诉我们, 什么时候会有这些事呢?这一切事将要成就的时候有什么预兆呢?"
5 耶稣就告诉他们说: "你们要小心, 不要被人迷惑。
6 有许多人要来, 假冒我的名说‘我就是基督’, 并且要迷惑许多的人。
7 你们听见战争和战争的风声, 也不要惊慌, 这是免不了的, 不过, 结局还没有到。
8 一个民族要起来攻打另一个民族, 一个国家要起来攻打另一个国家, 到处要有地震, 有饥荒, 这些不过是痛苦的开始。
9 但你们要小心! 因为人要把你们交给公议会, 你们要在会堂里被鞭打, 又要为我的缘故站在总督和君王面前, 向他们作见证。
10 然而福音必须先传给万民。
11 人把你们捉去送官的时候, 用不着预先思虑要说什么, 到那时候赐给你们什么话, 你们就说什么, 因为说话的不是你们, 而是圣灵。
12 弟兄要出卖弟兄, 父亲要出卖儿子, 甚至把他们置于死地; 儿女要悖逆父母, 害死他们。
13 你们为我的名, 要被众人恨恶, 然而坚忍到底的必然得救。
14 "当你们看见‘那造成荒凉的可憎者’, 站在不该站的地方(读者必须领悟), 那时, 住在犹太的应当逃到山上;
15 在房顶的不要下来, 也不要进到屋子里拿什么东西;
16 在田里的也不要回去取衣服。
17 当那些日子, 怀孕的和乳养孩子的有祸了!
18 你们应当祈求, 不要让这些事在冬天发生。
19 因为那些日子必有灾难, 这是从 神创世的开始到现在未曾有过的, 以后也必不会再有。
20 如果不是主减少那些日子, 没有一个人可以存活; 但是为了自己的选民, 他必使那些日子减少。
21 那时, 如果有人对你们说: ‘看哪, 基督在这里! 看哪, 他在那里! ’你们不要信。
22 因为必有假基督和假先知出现, 行神迹和奇事, 如果可以的话, 连选民也要迷惑了。
23 所以你们应当小心! 我已经事先把一切都告诉你们了。
24 "当那些日子, 在那灾难以后, 太阳就变黑了, 月亮也不发光,
25 众星从天坠落, 天上的万象震动。
26 那时, 他们要看见人子, 满有能力和荣耀, 驾着云降临;
27 他要差派天使, 把他的选民从四方, 从地极直到天边, 都招聚来。
28 "你们应该从无花果树学个功课: 树枝发出嫩芽长出叶子的时候, 你们就知道夏天近了。
29 同样, 你们什么时候看见这些事发生, 就知道他已经近在门口了。
30 我实在告诉你们, 这一切都必会发生, 然后这世代才会过去。
31 天地都要过去, 但我的话决不会废去。
32 "至于那日子和时间, 没有人知道, 连天上的天使和子也不知道, 只有父知道。
33 你们要小心, 要警醒, 因为你们不知道那日期什么时候来到。
34 这就像一个人出外远行, 把责任("责任"原文作"权柄")一一地交给他的仆人, 又吩咐看门的要警醒。
35 所以你们要警醒, 因为你们不知道家主什么时候来到, 也许在黄昏, 也许在半夜, 也许在鸡叫时, 也许在清晨。
36 恐怕他忽然来到, 发现你们正在睡觉。
37 我对你们所说的话, 也是对众人说的, ‘你们要警醒’。"