1 'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
3 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
5 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle!
8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
9 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
10 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
11 Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.
12 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
13 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.
15 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.
22 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
23 Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
28 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.
29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.
1 行为完全的穷人, 胜过说话欺诈的愚昧人。
2 一个人没有知识是不好的, 脚步匆忙的, 难免失足。
3 人的愚妄毁灭自己的道路; 他的心却恼怒耶和华。
4 财富使朋友增多, 但穷人连他的一个朋友也与他分离。
5 作假见证的必难免受惩罚; 吐出谎言的必不能逃脱。
6 尊贵的人, 很多人求他的情面; 慷慨施赠的, 人人都作他的朋友。
7 贫穷人的兄弟都恨他; 他的朋友更疏远他。虽然他多多恳求他们, 他们却不理会。
8 得着智慧的, 爱惜自己的性命; 保持明达的, 必得益处。
9 作假见证的必难免受惩罚; 吐出谎言的终必灭亡。
10 愚昧人生活奢侈是不相称的, 何况奴仆管辖领袖呢!
11 人的明慧使他不轻易动怒; 宽恕别人过失的, 是自己的荣耀。
12 王的忿怒, 好像狮子的吼叫, 他的恩宠, 如同草上的朝露。
13 愚昧的儿子是父亲的祸患, 吵闹的妻子好像雨水不停地滴漏。
14 房屋与财富是祖宗遗留的产业; 唯有明慧的妻子是耶和华所赐的。
15 懒惰使人沉睡, 闲懒的人必受饥饿。
16 谨守诫命的, 保全自己的性命; 轻忽自己道路的, 必致死亡。
17 恩待穷人的, 等于借钱给耶和华; 他所行的, 耶和华必偿还。
18 趁着还有指望的时候, 要管教你的儿子; 不可存心任他死亡。
19 常发烈怒的人, 必须受罚, 如果你帮助他, 就必须一而再帮助他。
20 你要听劝告, 受管教, 好使你将来作个有智慧的人。
21 人心里的谋算很多, 唯有耶和华的计划能实现。
22 人所渴望的, 就是忠诚; 作穷人比作撒谎的人还好。
23 敬畏耶和华的, 得着生命; 他必安居知足, 不会遭受祸患。
24 懒惰人把手放在盘子里, 连拿食物送回口边, 也不愿意。
25 责打好讥笑人的, 愚蒙人就会变得精明; 责备聪明人, 他就会明白知识。
26 虐待父亲, 赶走母亲的, 是贻羞可耻的儿子。
27 我儿, 你若是停止听受管教, 就会偏离知识的言语。
28 无赖作见证, 嘲笑公平, 恶人的口, 吞吃罪孽。
29 刑罚是为好讥笑人的预备的, 鞭打是为愚昧人的背预备的。