1 Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.

2 Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

3 'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.

4 Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.

5 Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.

6 Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

7 Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

8 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.

9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.

10 Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.

11 'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.

12 As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

14 Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.

15 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.

16 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

17 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.

18 Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.

19 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.

20 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

21 Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.

22 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

23 Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

24 Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! -- hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.

25 Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.

26 Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

27 Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.

28 As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

1 恶人虽然没有人追赶, 仍然逃跑; 义人却像狮子, 放胆无惧。

2 国家因有过犯, 领袖就经常更换; 依赖聪明知识俱备的人, 国家才可以长存。

3 穷人欺压贫寒人, 就像暴雨冲没粮食。

4 离弃律法的, 称赞恶人; 遵守律法的, 却与恶人相争。

5 坏人不知公正是什么, 寻求耶和华的却完全明白。

6 行为完全的穷人, 胜过行事狡诈的财主。

7 谨守训诲的, 是聪明的人; 与贪食的人作伴的, 却使父亲蒙羞。

8 凡是借着高息厚利增加自己财富的, 就是为那恩待穷人的人积蓄。

9 转身不听训诲的, 他的祷告也是可厌恶的。

10 诱惑正直人走上邪路的, 必掉在自己所挖的坑里; 完全人却必承受福气。

11 财主自以为有智慧, 聪明的穷人却能看透他。

12 义人得胜的时候, 有极大的荣耀; 恶人兴起的时候, 人就躲避。

13 遮掩自己过犯的, 必不亨通; 承认并离弃过犯的, 必蒙怜悯。

14 常存戒惧之心的, 这人就为有福; 心里刚硬的, 必陷在祸患里。

15 残暴的统治者辖制贫民, 就像吼叫的狮子, 又像饥饿觅食的熊。

16 昏庸的君主必多行强暴, 憎恶不义之财的, 必享长寿。

17 背负流人血之罪的, 必逃跑至死, 人不可帮助他。

18 行为完全的, 必蒙拯救; 行事狡诈的, 必立刻跌倒。

19 耕种自己田地的, 必有充足粮食; 追求虚幻的, 必饱受穷乏之苦。

20 忠实的人必有大福; 急于发财的, 不免受罚。

21 看人的情面是不对的; 但有人为了一点食物, 竟然犯法。

22 吝啬的人急切求财, 却不知穷乏快要临到。

23 责备人的, 终必得人喜悦, 胜过那用舌头谄媚人的。

24 偷窃自己父母财物, 并说: "这不是罪过"的, 这人是与强盗一伙。

25 贪心的人, 必引起纷争; 倚靠耶和华的, 必得丰裕。

26 自恃聪明的, 是愚昧人; 凭着智慧行事的, 必蒙拯救。

27 赒济穷人的, 必不致缺乏; 闭眼不理他们的, 必多受咒诅。

28 恶人兴起的时候, 人就躲避; 恶人灭亡的时候, 义人就增多。