1 En El¡sa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het 'n hongersnood geroep -- wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.
3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.
4 Die koning was juis besig om met Geh si, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat El¡sa gedoen het.
5 En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Geh si sê: My heer die koning, d¡t is die vrou, en d¡t is haar seun wat El¡sa lewendig gemaak het.
6 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.
7 En El¡sa het in Damaskus aangekom, terwyl B,nhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.
8 Toe sê die koning vir H sael: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
9 Daarop het H sael hom tegemoetgegaan en 'n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, 'n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: U seun B,nhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
10 En El¡sa antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want die HERE het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.
11 En hy het sy gesig strak na hom gerig totdat hy verleë was; en die man van God het geween.
12 Toe sê H sael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.
13 Maar H sael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En El¡sa antwoord: Die HERE het my jou laat sien as koning oor Aram.
14 Daarop het hy van El¡sa af weggegaan, en toe hy by sy heer kom, het die hom gevra: Wat het El¡sa vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê: U sal sekerlik gesond word.
15 Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en H sael het in sy plek koning geword.
16 En in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Josafat koning was van Juda, het Jehoram, die seun van Josafat, die koning van Juda, koning geword.
17 Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.
18 En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
19 Maar die HERE wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.
20 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.
21 Daarom het Joram oorgetrek na Sa‹r, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug.
22 So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.
23 En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
24 En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ah sia het in sy plek koning geword.
25 In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ah sia, die seun van Jehoram, die koning van Juda, koning geword.
26 Twee en twintig jaar was Ah sia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was At lia, die dogter van Omri, die koning van Israel.
27 En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.
28 En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in G¡lead teen H sael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.
29 En koning Joram het teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen H sael, die koning van Aram; en Ah sia, die seun van Jehoram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in J¡sreël te besoek, want hy was siek.
1 以利沙告诉那妇人(她的儿子曾被以利沙救活), 说: "你和你全家要动身, 离开这里, 住在你可以寄居的地方, 因为耶和华宣布了将有饥荒, 这饥荒要临到这地七年。"
2 那妇人就动身, 按照神人所说的去作。她和她的全家离去, 住在非利士地七年。
3 七年结束的时候, 那妇人从非利士地回来, 就去为自己的房屋、田产哀求王。
4 那时王正在和神人的仆人基哈西交谈, 说: "请你向我讲述以利沙所作的一切大事。"
5 他正向王讲述以利沙叫死人复活的事的时候; 看哪, 以利沙曾救活她的儿子的那妇人来为她的房屋、田产哀求王。基哈西说: "我主我王, 这就是那妇人了, 她的这个儿子就是以利沙救活的了。"
6 王问那妇人, 她就告诉他一切事。于是王指派一个太监给他, 说: "把所有属于她的, 以及从她离开此地直到现在, 她田地的一切出产都归还她。"
7 以利沙来到大马士革。亚兰王便.哈达患了病。有人告诉他说: "神人来到这里了。"
8 王对哈薛说: "你带着礼物, 去见神人, 托他求问耶和华说: ‘我这病能痊愈吗?’"
9 于是哈薛去见以利沙。他带着礼物, 就是大马士革各样的美物, 由四十匹骆驼驮着, 去站在他的面前, 说: "你的儿子亚兰王便.哈达派我到你这里来, 问你说: ‘我这病能痊愈吗?’"
10 以利沙对他说: "你去告诉他说: ‘你一定会痊愈的’, 但耶和华指示我, 他一定要死。"
11 以利沙定睛看着他, 直到他感到局促不安; 然后, 神人哭了起来。
12 哈薛说: "我主为什么哭起来了?"他回答: "因为我已知道你要对以色列人施行的恶事。他们的城堡, 你要放火焚烧; 他们的年轻人, 你要用刀杀死; 他们的婴孩, 你要摔死; 他们的孕妇, 你要剖开。"
13 哈薛说: "你仆人算什么?不过是一条狗罢了; 怎可以作这样的大事呢?"以利沙说: "耶和华已指示我, 你要作王统治亚兰。"
14 于是他离开以利沙, 回到他主人那里。便.哈达对他说: "以利沙对你说了些什么呢?"他说: "他对我说: ‘你一定痊愈的。’"
15 第二天, 哈薛拿被窝浸在水里, 然后蒙住便.哈达的面, 他就死了; 于是哈薛接续他作王。
16 以色列王亚哈的儿子约兰第五年, 犹大王约沙法还在的时候, 犹大王约沙法的儿子约兰登基作了王。
17 他登基时是三十二岁; 在耶路撒冷作王八年。
18 他照着以色列诸王的道路而行, 好像亚哈家所行的; 因为他娶了亚哈的女儿为妻, 并且行耶和华看为恶的事。
19 但耶和华因他仆人大卫的缘故不愿毁灭犹大, 却要照他应许大卫的, 赐给他和他的后裔永远有香灯延续。
20 约兰王在位的日子, 以东人反叛, 脱离犹大人的手, 自己立王统治本国。
21 于是约兰过到撒益去, 并且带着他所有的战车。他夜间起来攻击包围他和他的战车军长的以东人, 他的军民却逃回自己的帐棚去了。
22 于是以东人背叛, 脱离犹大人的手, 直到今日; 那时立拿人也同时背叛。
23 约兰其余的事迹和他所行的一切, 不是都写在犹大列王的年代志上吗?
24 约兰和他的祖先同睡; 人把他埋葬在大卫城和他的祖先一起; 他的儿子亚哈谢接续他作王。
25 以色列王亚哈的儿子约兰在位第十二年, 犹大王约兰的儿子亚哈谢作犹大王。
26 他登基时是二十二岁, 在耶路撒冷作王一年。他母亲名叫亚他利雅, 是以色列王暗利的孙女。
27 他照着亚哈家的道路而行, 行耶和华看为恶的事, 好像亚哈家一样, 因为他是亚哈家的女婿。
28 亚哈谢与亚哈的儿子约兰往基列的拉末, 同亚兰王哈薛交战; 亚兰人击伤了约兰。
29 约兰于是回去, 到耶斯列治伤, 就是当他攻打亚兰王哈薛时, 亚兰人在拉末击伤他的。犹大王约兰的儿子亚哈谢因为亚哈的儿子约兰病了, 所以下到耶斯列去探望他。