1 En toe Josafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.
2 En n verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samar¡a, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in G¡lead op te trek.
3 Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Josafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in G¡lead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.
4 Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
5 Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
6 Maar Josafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
7 En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ,k haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
8 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.
9 Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer,
10 het Sedek¡a, die seun van Kena„na, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.
13 Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.
15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
17 Toe sê die koning van Israel vir Josafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
18 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter-- en sy linkerhand staan.
19 En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
21 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
22 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
23 Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kena„na, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
24 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
25 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
26 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
27 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
28 En die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in G¡lead.
29 En die koning van Israel het aan Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
31 En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Josafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
33 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
34 En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.
1 约沙法的财富很多, 极有尊荣, 他和亚哈也结了亲。
2 过了几年, 他下到撒玛利亚去见亚哈。亚哈为他和跟从他的人宰了很多牛羊, 又怂恿他一同上去攻打基列的拉末。
3 以色列王亚哈问犹大王约沙法: "你愿意和我一同到基列的拉末去吗?"他回答: "你我不分彼此; 我的人民就是你的人民; 我必和你一同作战。"
4 约沙法对以色列王说: "请你先求问耶和华的话。"
5 于是以色列王召集了四百位先知, 问他们: "我们可以到基列的拉末去作战吗?还是不要去呢?"他们回答: "你可以上去, 神必把那城交在王的手里。"
6 约沙法问: "这里不是还有一位耶和华的先知吗?我们也可以向他求问。"
7 以色列王回答约沙法说: "还有一个人, 我们可以向他求问耶和华; 只是我不喜欢他, 因为他对我说的预言, 都是凶话, 不是吉话。这人就是音拉的儿子米该雅。"约沙法说: "王不要这样说。"
8 于是以色列王召了一个太监来, 说: "快去把音拉的儿子米该雅召来。"
9 那时, 以色列王和犹大王约沙法各自坐在王位上, 穿着朝服, 坐在撒玛利亚城门口的广场上; 所有的先知都在他们面前说预言。
10 基拿拿的儿子西底家自己做了些铁角, 说: "耶和华这样说: ‘你要用这些铁角抵触亚兰人, 直到把他们完全消灭。’"
11 所有的先知也都这样预言说: "你可以上基列的拉末去, 必得胜利! 因为耶和华必把那城交在王的手里。"
12 那去召米该雅的使者对米该雅说: "看哪, 这里的众先知都异口同声地对王说吉话, 请你与他们一样说吉话。"
13 米该雅说: "我指着永活的耶和华起誓, 我的 神说什么, 我就说什么。"
14 米该雅来到王那里, 王问他: "米该雅啊, 我们可以到基列的拉末作战吗?还是不要去呢?"他回答: "可以上去, 一定得胜, 他们必交在你们手里。"
15 王对他说: "我要嘱咐你多少次, 你才会奉耶和华的名对我只说真话呢?"
16 米该雅说: "我看见以色列人四散在山上, 好像没有牧人的羊群一样。耶和华说: ‘这些人既然没有主人, 使他们平平安安各自回家去吧! ’"
17 以色列王对约沙法说: "我不是早告诉你, 他对我说的预言, 总没有吉话, 只说凶话吗?"
18 米该雅说: "所以你们要听耶和华的话。我看见耶和华坐在宝座上, 天上的万军侍立在他左右。
19 耶和华说: ‘谁去引诱以色列王亚哈上去, 好使他倒毙在基列的拉末呢?’有人这样说, 也有人那样说。
20 后来有一个灵出来, 站在耶和华面前, 说: ‘我去引诱他。’耶和华问他: ‘你怎样引诱他呢?’
21 他回答: ‘我要出去, 在他众先知的口里成为谎言的灵。’耶和华说: ‘你必能引诱他, 并且可以成功; 你去这样行吧。’
22 所以现在耶和华把谎言的灵放在你这些先知的口里, 并且耶和华已宣告灾祸必临到你。"
23 基拿拿的儿子西底家走前来, 打米该雅的脸, 说: "耶和华的灵是怎样离开了我, 去与你说话呢?"
24 米该雅说: "你进密室躲藏的那一天, 就必看见了。"
25 以色列王说: "把米该雅带回去, 交给市长亚们和王的儿子约阿施,
26 说: ‘王这样吩咐: 把这人囚在监里, 少给他食物和水, 直到我平平安安回来。’"
27 米该雅说: "如果你真的可以平平安安回来, 那么耶和华就没有借着我说话了。"他又说: "众民啊, 你们都要听! "
28 于是, 以色列王和犹大王约沙法上基列的拉末去了。
29 以色列王对约沙法说: "我要改装上阵, 你可以仍穿朝服。"于是以色列王改了装, 他们就上阵去了。
30 原来亚兰王曾经吩咐他的战车队长说: "无论是大小的将兵, 你们都不要和他们交战, 只管攻击以色列王。"
31 众战车队长看见约沙法, 就都心里说: "这必是以色列王。"于是都绕过去攻击他。约沙法呼救, 耶和华就帮助他; 神又使敌人离开他。
32 众战车队长见他不是以色列王, 就转回去, 不再追击他了。
33 有一人随意拉弓, 竟射进了以色列王的铠甲中间的缝隙里。王对驾车的说: "你把车转过来, 载我出阵吧, 因为我受了重伤。"
34 那天战事越来越激烈; 以色列王勉强站在战车上, 对抗亚兰人, 直到黄昏。日落的时候, 王就死了。