1 So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.

2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.

3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,

4 want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.

5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen 'n derde nie.

7 Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?

8 Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!

9 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.

10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.

11 Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,

12 en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit;

13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

14 Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders.

15 Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

16 Ek vermaan julle dan, word my navolgers.

17 Daarom het ek Timothes, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.

18 Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie;

19 tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;

20 want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

21 Wat wil julle hê? Moet ek met die roede na julle kom of met liefde en in die gees van sagmoedigheid?

1 这样, 人应该把我们看作基督的仆人, 神奥秘的事的管家。

2 对于管家的要求, 就是要他忠心。

3 我被你们论断, 或被人间法庭审判, 我都认为是极小的事, 连我自己也不论断自己。

4 我虽然问心无愧, 却不能因此自以为义, 因为判断我的是主。

5 所以时候还没有到, 你们不要批评, 直等到主来; 他要照出黑暗中的隐情, 显明人心里的动机。那时, 各人要从 神那里得着称赞。

6 弟兄们, 我为你们的缘故, 拿了这些事来比拟自己和亚波罗, 让你们在我们身上学到的, 不会超过圣经所记的, 免得你们中间有人自高自大, 看重这个轻视那个。

7 使你与人不同的是谁呢?你有什么不是领受的呢?既然是领受的, 为什么要自夸, 好像不是领受的呢?

8 你们已经满足了, 已经丰富了, 不需要我们, 自己作王了。我恨不得你们真的作了王, 让我们也可以跟你们一同作王!

9 我想 神是把我们作使徒的列在最后, 好像定了死刑的人, 因为我们成了一台戏给宇宙观看, 就是给天使和世人观看!

10 我们为基督的缘故, 成了愚笨的; 你们在基督里, 倒成了聪明的。我们软弱, 你们倒强壮; 你们受人尊敬, 我们倒被轻视。

11 直到现在, 我们还是又饥又渴, 衣不蔽体, 又挨打, 又没有栖身的地方,

12 并且劳苦, 亲手作工。被人咒骂, 我们就祝福; 遭受迫害, 我们就忍受;

13 被人毁谤, 我们却好好地劝导; 直到现在, 人还是把我们当作世上的垃圾, 万物的渣滓。

14 我写这些话, 不是要叫你们羞愧, 而是把你们当作我亲爱的儿女一样劝戒你们。

15 纵然你们在基督里有上万的启蒙教师, 可是父亲却不多, 因为是我在基督耶稣里借着福音生了你们。

16 所以我劝你们要效法我。

17 因此, 我打发提摩太到你们那里去。他是我在主里亲爱又忠心的儿子, 他要提醒你们我在基督里是怎样行事为人, 正如我在各处教会中所教导的一样。

18 有人以为我不会到你们那里去, 就自高自大。

19 然而主若愿意, 我很快就要到你们那里去; 到时我要知道的, 不是那些自高自大的人所讲的, 而是他们的能力。

20 因为 神的国不在乎言语, 而在乎权能。

21 你们愿意怎么样呢?要我带着刑杖到你们那里去, 还是以温柔的灵, 带着爱心去呢?