1 En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galil,a, en die moeder van Jesus was daar.
2 En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.
3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
4 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.
5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
6 En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het -- en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet -- roep die hoofdienaar die bruidegom
10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galil,a gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.
12 Daarna het Hy na Kap,rnaÂm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
13 En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
14 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
15 En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
18 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?
19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
20 En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
21 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.
22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.
1 第三天, 在加利利的迦拿有婚筵, 耶稣的母亲在那里;
2 耶稣和门徒也被邀请参加婚筵。
3 酒用尽了, 耶稣的母亲对他说: "他们没有酒了。"
4 耶稣说: "母亲("母亲"原文作"妇人"), 我跟你有什么关系呢?我的时候还没有到。"
5 他母亲告诉仆人说: "他吩咐你们什么, 就作什么。"
6 在那里有六口石缸, 每口可盛两三桶水, 是为犹太人行洁净礼用的。
7 耶稣吩咐仆人: "把缸都倒满水! "他们就倒满了, 直到缸口。
8 耶稣又吩咐他们: "现在舀出来, 送给筵席的总管! "他们就送去了。
9 总管尝了那水变的酒, 不知道是从哪里来的, 只有舀水的仆人知道。总管就叫新郎来,
10 对他说: "人人都是先摆上好酒, 等到亲友喝够了, 才摆上次等的, 你倒把好酒留到现在。"
11 这是耶稣所行的第一件神迹, 是在加利利的迦拿行的。他显出了自己的荣耀, 他的门徒就信了他。
12 这事以后, 耶稣和母亲、弟弟、门徒, 都下到迦百农去, 在那里住了没有几天。
13 犹太人的逾越节近了, 耶稣就上耶路撒冷去。
14 他在圣殿的外院里看见有卖牛羊鸽子的, 和坐在那里兑换银钱的,
15 就用绳索做了一条鞭子, 把众人连牛带羊都从外院赶出去, 倒掉兑换银钱的人的钱, 推翻他们的桌子;
16 又对卖鸽子的说: "把这些东西搬出去, 不要把我父的殿当作巿场。"
17 他的门徒就想起经上记着: "我为你的殿心中迫切, 如同火烧。"
18 犹太人就问他: "你可以显什么神迹给我们看, 证明你有权作这些事呢?"
19 耶稣回答: "你们拆毁这殿, 我三天之内要把它建造起来。"
20 犹太人说: "这殿建了四十六年, 你三天之内就能把它建造起来吗?"
21 但耶稣所说的殿, 就是他的身体。
22 所以当耶稣从死人中复活以后, 门徒想起了他说过这话, 就信了圣经和耶稣所说的话。
23 耶稣在耶路撒冷过逾越节的时候, 许多人看见他所行的神迹, 就信了他的名。
24 耶稣却不信任他们, 因为他知道所有的人,
25 也不需要谁指证人是怎样的, 因为他知道人心里存的是什么。