Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 12

BIBEL1930

Rehábeam se ontrou teenoor die Here word gestraf deur 'n aanval van Sisak, die koning van Egipte.

1 EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die Here verlaat, en die hele Israel saam met hom.

2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek omdat hulle ontrou teenoor die Here gehandel het

3 met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.

4 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.

5 Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en vir hulle: So spreek die Here: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.

6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die Here is regverdig.

7 En toe die Here sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die Here tot Semája en : Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!

9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.

10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11 So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die Here van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die Here te soek nie.

15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.

16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

1 Men da Rehabeams kongedømme var blitt trygget, og han var blitt mektig, forlot han Herrens lov, og hele Israel med ham. 2 Da hendte det i kong Rehabeams femte år at Egyptens konge Sisak drog op mot Jerusalem(-)for de hadde båret sig troløst at mot Herren; 3 han kom med tolv hundre stridsvogner og seksti tusen hestfolk, og det var ikke tall de folk som fulgte ham fra Egypten(-)libyere, sukkittere og etiopere. 4 Han inntok de faste byer i Juda og kom like til Jerusalem. 5 Da kom profeten Semaja til Rehabeam og Judas høvdinger, som hadde samlet sig i Jerusalem av frykt for Sisak, og han sa til dem: sier Herren: I har forlatt mig; derfor har også jeg forlatt eder og gitt eder i Sisaks hånd.

6 Men Israels høvdinger og kongen ydmyket sig og sa: Herren er rettferdig. 7 Og da Herren at de hadde ydmyket sig, kom Herrens ord til Semaja, og det lød således: De har ydmyket sig; jeg vil ikke ødelegge dem, men la dem vidt bli frelst, og min harme skal ikke bli utøst over Jerusalem ved Sisak; 8 dog skal de bli hans tjenere og kjenne hvad forskjell det er å tjene mig og å tjene hedningelandenes konger. 9 drog da Egyptens konge Sisak op mot Jerusalem og tok skattene i Herrens hus og skattene i kongens hus; alt sammen tok han. Han tok også de gullskjold som Salomo hadde latt gjøre. 10 Istedenfor dem lot kong Rehabeam gjøre kobberskjold og betrodde dem til høvedsmennene for drabantene som voktet inngangen til kongens hus; 11 og ofte kongen gikk inn i Herrens hus, kom drabantene og bar dem og tok dem med tilbake til vaktstuen. 12 Fordi Rehabeam ydmyket sig, vendte Herrens vrede sig fra ham; han vilde ikke ødelegge ham aldeles, og det fantes dog ennu noget godt i Juda.

13 Siden satt kong Rehabeam atter fast i sitt kongedømme i Jerusalem og regjerte der; for han var en og firti år gammel da han blev konge, og han regjerte sytten år i Jerusalem, den stad som Herren hadde utvalgt blandt alle Israels stammer for å la sitt navn bo der. Hans mor hette Na’ma og var fra Ammon.

14 Han gjorde hvad ondt var; for han vendte ikke sitt hjerte til å søke Herren. 15 Alt hvad som er å fortelle om Rehabeam, både i hans første og i hans senere dager, det er opskrevet i profeten Semajas og seeren Iddos krønike, der hvor ættetavlene er optegnet. Mellem Rehabeam og Jeroboam var det krig hele tiden. 16 Og Rehabeam la sig til hvile hos sine fedre og blev begravet i Davids stad, og hans sønn Abia blev konge i hans sted.

Veja também