Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 4

BIBEL1930

Die koperaltaar vir die brandoffer en ander gereedskap van die tempel.

1 VERDER het hy 'n koperaltaar gemaak; twintig el was sy lengte en twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.

2 Hy het ook die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en 'n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

3 En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte dit heeltemal rondom omring tien op 'n el; hulle het die see rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet.

4 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe; en die see was bo-op hulle, en al hulle agterdele binnekant toe.

5 En die dikte daarvan was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drieduisend bat gehou.

6 En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.

7 En hy het die goue kandelaars gemaak, tien, volgens die voorskrif daarvan, en dit in die tempel gesit, vyf regs en vyf links.

8 Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf regs en vyf links; en hy het honderd goue komme gemaak.

9 Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof; en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek.

10 En die see het hy aan die suidekant opgestel, teen die ooste na die suide toe.

11 Verder het Huram die potte en die skoppe en die komme gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die huis van God gedoen het:

12 twee pilare met die bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek;

13 en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.

14 En hy het die afspoelwaentjies gemaak en die bakke op die afspoelwaentjies gemaak;

15 en die een see en die twaalf beeste daaronder;

16 en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van die Here van gepolyste koper gemaak.

17 In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot en Seréda, het die koning dit gegiet.

18 En Salomo het al hierdie voorwerpe in 'n oorgroot menigte gemaak, want die gewig van die koper was onberekenbaar.

19 En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die huis van God was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode op moes ,

20 en die kandelaars met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud,

21 en die blomwerk en die lampe en die snuiters van goud; dit was die suiwerste goud;

22 en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne van fyn goud; en wat die ingang van die huis betref, die binnedeure daarvan na die Allerheiligste en die deure van die huis na die hoofvertrek was van goud.

1 gjorde han et alter av kobber, som var tyve alen langt og tyve alen bredt og ti alen høit. 2 Og han gjorde det støpte hav; det var ti alen fra den ene rand til den andre og var aldeles rundt; det var fem alen høit, og en snor tretti alen nådde rundt om det.

3 Nedenfor dets rand var der billeder av okser rundt omkring; de gikk rundt omkring havet, ti hver alen; det var to rader med okser, og de var støpt i ett med havet. 4 Havet stod tolv okser; tre vendte mot nord, tre vendte mot vest, tre vendte mot syd, og tre vendte mot øst; havet hvilte dem, og deres bakkropper vendte alle innefter. 5 Kummens tykkelse var en håndsbredd, og dens rand var som randen et beger, lik en liljeblomst; den tok mange bat(-)tre tusen bat rummet den. 6 gjorde han ti vaskekar og satte fem høire side og fem venstre side; i dem skylte de det som hørte til brennofferet, men havet hadde prestene til å vaske sig i.

7 Videre gjorde han ti gull-lysestaker efter den foreskrevne form og satte dem i det Hellige, fem høire og fem venstre side. 8 Og han gjorde ti bord og satte dem i det Hellige, fem høire og fem venstre side, og han gjorde hundre skåler av gull. 9 bygget han prestenes forgård og den store gård og dører til gården, og dørene klædde han med kobber.

10 Havet satte han høire side av huset, mot sydøst.

11 Huram gjorde askebøttene og ildskuffene og skålene til å sprenge blod med. var Huram ferdig med det arbeid han gjorde for kong Salomo i Guds hus; det var:

12 to søiler og de to skåler og søilehoder toppen av søilene og de to nettverk til å dekke de to skåler søilehodene toppen av søilene, 13 og de fire hundre granatepler til de to nettverk(-)to rader granatepler til hvert nettverk(-)til å dekke de to skåler søilehodene ovenpå søilene; 14 og han gjorde fotstykkene og karene fotstykkene, 15 havet og de tolv okser under det; 16 Og askebøttene og ildskuffene og gaflene og alt det som hørte til, gjorde Huram, mesteren som kong Salomo hadde i sin tjeneste, for ham til Herrens hus; det var av blankt kobber. 17 Det var Jordan-sletten kongen lot dem støpe, i lerjorden mellem Sukkot og Seredata. 18 Salomo gjorde alle disse saker i stor mengde; for kobberets vekt blev ikke undersøkt. 19 Salomo gjorde også alle de ting som skulde være i Guds hus: gullalteret og bordene som skuebrødene skulde ligge ,

20 og lysestakene med sine lamper, som skulde tendes foreskrevet måte, foran koret(-)de var av fint gull(-) 21 og blomstene dem og lampene og lysesaksene av gull(-)av det reneste gull(-) 22 og knivene og skålene til å sprenge blod med og røkelseskålene og fyrfatene, alt av fint gull; og i inngangene til huset var både de indre dører som førte til det Aller-helligste, og de dører som førte til det Hellige, gjort av gull.

Veja também