Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 26

BIBEL1930

Ussía se voorspoedige regering oor Juda. Hy word met melaatsheid gestraf weens ontheiliging van die tempel. Sy dood.

1 TOE het die hele volk van Juda Ussía geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

2 Hy het Elot gebou en weer aan Juda teruggebring nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

3 Sestien jaar was Ussía oud toe hy koning geword het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

4 En hy het gedoen wat reg was in die van die Here net soos sy vader Amásia gedoen het.

5 En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die Here gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.

6 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne.

7 En God het hom gehelp teen die Filistyne en teen die Arabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, en teen die Meüniete.

8 Ook die Ammoniete het aan Ussía belasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.

9 Verder het Ussía torings gebou in Jerusalem by die Hoekpoort en by die Dalpoort en by die Winkelhaak, en hy het hulle versterk.

10 Hy het ook in die woestyn torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was 'n liefhebber van die landbou.

11 Verder het Ussía 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.

12 Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was tweeduisend-seshonderd.

13 En onder hulle bevel was 'n leërmag van driehonderd-en-seweduisend-vyfhonderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand.

14 En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms en pantsers en boë en slingerstene.

15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, 'n uitvinding van 'n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het.

16 Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen die Here sy God; want hy het in die tempel van die Here gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.

17 Maar die priester Asárja het hom gevolg en tagtig priesters van die Here, flukse manne, saam met hom,

18 en teen koning Ussía opgetree en aan hom gesê: Dit kom u nie toe, Ussía, om vir die Here offerrook te laat opgaan nie, maar aan die priesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van die Here God nie tot eer strek nie.

19 Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die van die priesters, in die huis van die Here langs die reukaltaar.

20 Toe Asárja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, want die Here het hom aangetas.

21 En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in 'n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van die Here uitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.

22 En die verdere geskiedenis van Ussía, die vroeëre en die latere, het die profeet Jesaja, die seun van Amos, beskrywe.

23 En Ussía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

1 Og alt Judas folk tok og gjorde Ussias, som da var seksten år gammel, til konge i hans far Amasjas sted. 2 Han gjorde Elot til en fast by og vant det tilbake for Juda, efterat kongen hadde lagt sig til hvile hos sine fedre. 3 Ussias var seksten år gammel da han blev konge, og regjerte to og femti år i Jerusalem; hans mor hette Jekilja og var fra Jerusalem. 4 Han gjorde hvad rett var i Herrens øine, aldeles som hans far Amasja hadde gjort. 5 Og han søkte Gud lenge Sakarja levde, han som skjønte sig Guds syner; og lenge han søkte Herren, lot Gud det ham vel. 6 Han drog ut og stred mot filistrene og rev ned bymurene i Gat og Jabne og Asdod; og han bygget byer ved Asdod og andre steder i filistrenes land. 7 Gud hjalp ham mot filistrene og mot de arabere som bodde i Gur-Bal, og mot me’nittene. 8 Og ammonittene kom med gaver til Ussias, og hans navn nådde like til Egypten; for han blev overmåte mektig. 9 Ussias bygget tårn i Jerusalem ved Hjørneporten og ved Dalporten og ved Vinkelen og gjorde således disse steder faste og sterke. 10 Han bygget også tårn i ørkenen og hugg ut mange brønner; for han hadde stor buskap både i lavlandet og høisletten, og han hadde jordbrukere og vingårdsmenn fjellene og i havene; for jordbruket ham hjerte. 11 Ussias hadde en krigsdyktig hær, som drog ut i strid i flokker, mønstret og tellet av statsskriveren Je’el og tilsynsmannen Ma’seja, under ledelse av Hananja, en av kongens høvdinger. 12 To tusen og seks hundre var det fulle tall de djerve stridsmenn som var familiehoder, 13 og under dem stod en krigshær tre hundre og syv tusen og fem hundre mann, som gjorde krigstjeneste med kraft og mot og hjalp kongen mot fienden. 14 Hele denne hær forsynte Ussias med skjold og spyd og hjelmer og brynjer og buer og slyngestener. 15 I Jerusalem lot han gjøre kunstig innrettede krigsmaskiner, som skulde stilles op tårnene og murhjørnene til å skyte ut piler og store stener. Og hans navn nådde vidt omkring; for han blev hjulpet underfull måte, han fikk stor makt.

16 Men da han var blitt mektig, blev han overmodig i sitt hjerte, han forsyndet sig; han var ulydig mot Herren sin Gud og gikk inn i Herrens helligdom for å brenne røkelse røkoffer-alteret.

17 Men presten Asarja gikk inn efter ham og med ham åtti av Herrens prester, modige menn. 18 De trådte op mot kong Ussias og sa til ham: Det tilkommer ikke dig, Ussias, å brenne røkelse for Herren, men bare prestene, Arons sønner, de som er vidd til det. ut av helligdommen! For du har vært ulydig, og det blir dig ikke til ære for Gud Herren. 19 Da blev Ussias vred. Han holdt et røkelsekar i hånden og vilde nettop til å brenne røkelse; men da hans vrede brøt løs mot prestene, slo spedalskheten ut i hans panne, som han stod der foran prestene i Herrens hus ved røkoffer-alteret. 20 Og da ypperstepresten Asarja og alle prestene vendte sig mot ham, de at han var spedalsk pannen. Da drev de ham i hast bort derfra; og selv skyndte han sig også å komme ut, for Herren hadde slått ham. 21 Siden var kong Ussias spedalsk like til sin dødsdag, og han bodde i et hus for sig selv som spedalsk, for han var utelukket fra Herrens hus. Hans sønn Jotam forestod kongens hus og dømte landets folk. 22 Hvad som ellers er å fortelle om Ussias, både i hans første og i hans senere dager, har profeten Esaias, Amos’sønn, skrevet op.

23 Og Ussias la sig til hvile hos sine fedre, og de begravde ham hos hans fedre den begravelsesplass som tilhørte kongene; for de sa: Han er spedalsk. Og hans sønn Jotam blev konge i hans sted.

Veja também