Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 23

BIBEL1930

1 MAAR in die sewende jaar het Jójada moed geskep en saam met hom in 'n verbond geneem die owerstes oor honderd: Asárja, die seun van Jeróham, en Ismael, die seun van Jóhanan, en Asárja, die seun van Obed, en Maäséja, die seun van Adája, en Elisáfat, die seun van Sigri.

2 En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom.

3 En die hele vergadering het in die huis van God met die koning 'n verbond gesluit. Toe hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die Here oor die seuns van Dawid gespreek het.

4 Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom van die priesters en Leviete moet drumpelwagters wees;

5 en 'n derde deel by die huis van die koning, en 'n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van die Here.

6 Maar niemand mag in die huis van die Here ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die Here hou.

7 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan.

8 En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester Jójada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan; want die priester Jójada het die afdelings nie ontslaan nie.

9 En die priester Jójada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die huis van God was;

10 en hy het al die manskappe opgestel elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, na die altaar en na die huis toe, by die koning rondom.

11 Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en Jójada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe!

12 En toe Atália die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die Here gekom;

13 en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

14 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die Here doodmaak nie.

15 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het by die ingang van die Perdepoort in die huis van die koning gekom, en daar het hulle haar gedood.

16 En Jójada het 'n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle 'n volk van die Here sou wees.

17 Daarna het die hele volk in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare gedood.

18 Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van die Here onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die Here om die brandoffers van die Here te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.

19 En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die Here, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.

20 En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die Here afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.

21 En die hele volk van die land was bly, en die stad was rustig. Maar hulle het Atália met die swaard gedood.

1 Men i det syvende år tok Jojada mot til sig og gjorde en pakt med nogen av høvedsmennene over hundre; det var Asarja, Jerohams sønn, og Ismael, Johanans sønn, og Asarja, Obeds sønn, og Ma’seja, Adajas sønn, og Elisafat, Sikris sønn. 2 drog de omkring i Juda og samlet levittene fra alle Judas byer og Israels familiehoder; og da de kom til Jerusalem, 3 gjorde hele forsamlingen en pakt med kongen i Guds hus, og Jojada sa til dem: Kongens sønn skal nu være konge, således som Herren har sagt om Davids sønner. 4 Hør nu hvad I skal gjøre: Den ene tredjedel av eder, de prester og levitter som tiltreder vakttjenesten sabbaten, skal stå vakt ved dørtresklene, 5 og den annen tredjedel ved kongeboligen og den tredje tredjedel ved Jesod-porten, og alt folket i forgårdene ved Herrens hus. 6 Men ingen komme inn i Herrens hus uten prestene og de av levittene som gjør tjeneste; de kan inn, for de er hellige; men alle de andre av folket skal holde sig efter det Herren har foreskrevet. 7 Levittene skal stille sig rundt omkring kongen, hver mann med våben i hånd, og den som kommer inn i huset, skal drepes; I skal være om kongen, både når han går inn, Og når han går ut. 8 Levittene og hele Juda gjorde aldeles som presten Jojada hadde befalt; de tok hver sine menn, både dem som tiltrådte sabbaten, og dem som trådte av sabbaten; for presten Jojada hadde ikke latt skiftene hjemlov. 9 Og presten Jojada gav høvedsmennene de spyd og små og store skjold som hadde tilhørt kong David, og som var i Guds hus. 10 Og han stilte alt folket op, hver mann med våben i hånd, fra husets høire side til husets venstre side bortimot alteret Og bortimot huset rundt omkring kongen. 11 førte de kongesønnen ut og satte kronen ham og overgav ham vidnesbyrdet, og de gjorde ham til konge; og Jojada og hans sønner salvet ham og ropte: Kongen leve!

12 Da Atalja hørte ropet fra folket som sprang frem og hyldet kongen, gikk hun inn i Herrens hus til folket.

13 Der fikk hun se at kongen stod sin forhøining i inngangen, og høvedsmennene og trompetblåserne stod hos ham, og hele folkemengden gledet sig og støtte i trompetene, og sangerne var der med sine instrumenter og sang Herrens lov og pris; da sønderrev Atalja sine klær og ropte: Oprør, oprør! 14 Men presten Jojada lot høvedsmennene, dem som var satt over hæren, ut og sa til dem: Før henne ut mellem rekkene, og om nogen følger henne, skal han drepes med sverd. For presten hadde sagt: I skal ikke drepe henne i Herrens hus. 15 gjorde de plass for henne til begge sider, og da hun kom dit hvor Hesteporten fører inn til kongens hus, drepte de henne. 16 Og Jojada gjorde en pakt mellem sig og alt folket og kongen at de skulde være Herrens folk.

17 Og alt folket gikk inn i Ba’ls hus og rev det ned; hans altere og hans billeder knuste de, og Ba’ls prest Mattan drepte de foran alterne. 18 Og Jojada overlot tilsynet i Herrens hus til de levittiske prester, som David hadde inndelt i skifter for tjenesten i Herrens hus, til å ofre Herrens brennoffere, som skrevet er i Mose lov, med glede og sang efter Davids forskrift. 19 Og han satte dørvoktere ved portene til Herrens hus, forat ingen som var blitt uren nogen måte, skulde komme inn der. 20 tok han med sig høvedsmennene over hundre og de fornemste og de mektige blandt folket og hele folkemengden og førte kongen ned fra Herrens hus, og de gikk gjennem den øvre port inn i kongens hus og satte kongen kongetronen. 21 Og hele folkemengden gledet sig, og byen var rolig; men Atalja hadde de drept med sverd.

Veja também