1 IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.
2 Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die Here en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:
3 Daar is 'n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.
4 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.
5 En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.
6 Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.
7 En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
8 Was die Kusiete en die Líbiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het;
9 want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.
10 Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.
11 En kyk, die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.
12 En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
13 En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering.
14 En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van 'n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom 'n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.
1 亚撒在位第三十六年,以色列王巴沙上来攻打犹大,修筑拉玛,不许人离开或进入犹大王亚撒的国境。2 于是亚撒从耶和华的殿和王宫的库房里取出金银来,送给住在大马士革的亚兰王便.哈达,说:3 "你父亲和我父亲曾经立约,你和我也要立约。现在我把金银送给你,请你去废除你和以色列王巴沙订立的约,好使他离开我而去。"4 便.哈达听从了亚撒王的话,就派遣他属下的众军长去攻击以色列的城市,他们攻陷了以云、但、亚伯.玛音和拿弗他利一切贮藏货物的城市。5 巴沙听见了,就停止修筑拉玛,把工程都停止了。6 于是亚撒王带领犹大众人,把巴沙修筑拉玛所用的石头和木材都搬走,用来修筑迦巴和米斯巴。
7 那时,先见哈拿尼来见犹大王亚撒,对他说:"因你倚靠亚兰王,没有倚靠耶和华你的 神,所以亚兰王的军队才可以脱离你的手。8 古实人和路比人不是有强大的军队吗?战车和马兵不是极多吗?只因你倚靠耶和华,耶和华就把他们交在你手里。9 耶和华的眼目遍察全地,一心归向他的,他必以大能扶助他们;你作这事太愚昧了。从今以后,你必常有战争。"10 于是亚撒对先见发怒,把他囚在监里,因为亚撒为了这事很恼怒他。同时亚撒也压迫人民。
11 亚撒所行的事迹,一生的始末,都记在犹大和以色列诸王记上。12 亚撒在位第三十九年,患了脚病,病情严重;可是,连他患病的时候,也没有寻求耶和华,只管寻求医生。13 亚撒作王四十一年以后死了,和他的列祖同睡。14 人把他埋葬在大卫城里他为自己所凿的坟墓中。他们把他放在堆满按著作香的方法调和的各样香料的床上,又为他烧了很多香料。