Ahásia, koning van Juda, word deur Jehu omgebring.
1 TOE maak die inwoners van Jerusalem Ahásia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.
2 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri.
3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.
4 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot 'n verderf.
5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram, by Ramot in Gílead; maar die Arameërs het Joram gewond.
6 En hy het teruggekom om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.
7 Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die Here gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
8 En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.
9 Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die Here met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.
Die goddelose Atália oorweldig die troon van Juda. Jójada, die priester, herstel die geslag van Dawid.
10 TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.
11 Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada — want sy was die suster van Ahásia — het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.
12 En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.
亚哈谢作犹大王(王下8:25~29)
1 耶路撒冷的居民立了约兰的小儿子亚哈谢接续他作王;因为那些和阿拉伯人同来攻营的匪徒,把亚哈谢的哥哥全都杀了。这样,犹大王约兰的儿子亚哈谢就作了王。2 亚哈谢登基的时候是二十二岁"二十二岁"原文作"四十二岁";现参照古译本和王下8:26修译;他在耶路撒冷作王一年。他的母亲名叫亚他利雅,是暗利的孙女。3 亚哈谢也随从亚哈家的道路,因为他母亲教唆他行恶。4 他行耶和华看为恶的事,好象亚哈家一样,因为他的父亲死了以后,亚哈家的人就教唆他,好使他灭亡。5 他随从了他们的计谋,和以色列王亚哈的儿子约兰一同到基列的拉末去,和亚兰王哈薛交战;亚兰人击伤了约兰。6 于是约兰回到耶斯列去,医治他在拉末和亚兰王交战的时候所受的伤。犹大王约兰的儿子亚撒利雅,因亚哈的儿子约兰病了,就下到耶斯列去看他。
亚哈谢遭害(王下9:14~28)
7 亚哈谢去见约兰,就遇了害,这原是出于 神;因为他去到以后,就和约兰一同出去攻击宁示的孙子耶户。这耶户就是耶和华所膏的,为要除灭亚哈家。8 耶户讨伐亚哈家的罪的时候,遇见了犹大的众领袖和亚哈谢的兄弟的儿子,他们都是侍候亚哈谢的,耶户把他们都杀了。9 耶户追寻亚哈谢。那时,亚哈谢躲藏在撒玛利亚,有人捉住他,把他带到耶户那里,耶户就杀了他,却把他埋葬了,因为他们说:"他是约沙法的孙子;这约沙法是一心寻求耶和华的。"这样,亚哈谢的家没有一人有能力可以保持王权的。
亚他利雅弄权(王下11:1~3)
10 亚哈谢的母亲亚他利雅见自己的儿子死了,就起来杀尽犹大家中所有王族的后裔。11 但是王的女儿约示巴,把亚哈谢的儿子约阿施从那些将要被杀的王子中偷出来,把他和他的乳母都藏在卧房里。约兰王的女儿约示巴是大祭司耶何耶大的妻子,把约阿施收藏起来,躲避亚他利雅,免得被亚他利雅杀死,因为约示巴是亚哈谢的妹妹。12 约阿施和他们在 神的殿里一同躲藏了六年;那时亚他利雅统治犹大地。