Bou van die tempel.
1 EN Salomo het die huis van die Here begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
2 En hy het begin bou in die tweede maand, op die tweede dag, in die vierde jaar van sy regering.
3 En dit is die grondplan van Salomo vir die bou van die huis van God: die lengte, in elle volgens die ou maat, sestig el, en die breedte twintig el.
4 En die voorportaal voor die huis — die lengte daarvan voor op die breedte van die huis was twintig el en die hoogte twintig el; en binnekant het hy dit met suiwer goud oorgetrek.
5 En die groot vertrek het hy met sipreshout oordek en dit met goeie goud oorgetrek en daar palmbome en kettings op aangebring.
6 Verder het hy die huis met kosbare stene as versiering oorgetrek, en die goud was goud van Parwáim.
7 Ook het hy die huis, die balke, die drumpels en die mure en deure daarvan met goud oorgetrek en gérubs op die mure uitgesny.
8 Verder het hy die Allerheiligste Vertrek gemaak; die lengte daarvan, voor op die breedte van die huis, was twintig el, en die breedte daarvan twintig el; en hy het dit oorgetrek met fyn goud, van seshonderd talente.
9 En die gewig van die spykers was vyftig sikkels aan goud; ook die bovertrekke het hy met goud oorgetrek.
10 Ook het hy in die Allerheiligste Vertrek twee gérubs gemaak, 'n werk van beeldhoukuns, en dit met goud oorgetrek.
11 En die vlerke van die gérubs, die lengte daarvan was twintig el; die vlerk van vyf el van die een het geraak aan die muur van die vertrek, terwyl die ander vlerk van vyf el geraak het aan die vlerk van die ander gérub;
12 en die vlerk van die ander gérub van vyf el het geraak aan die muur van die vertrek, en die ander vlerk van vyf el was vas teen die vlerk van die ander gérub.
13 Hierdie gérubs het die vlerke twintig el uitgesprei, en hulle het op hul voete gestaan met hul gesigte na die huis toe.
14 En die voorhangsel het hy gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi en fyn linne en daar gérubs op aangebring.
15 Verder het hy twee pilare voor die huis gemaak; vyf-en-dertig el was die hoogte, met 'n kapiteel wat op die top daarvan was, vyf el hoog.
16 Hy het ook kettings gemaak soos 'n krans en dit op die top van die pilare aangebring; verder het hy honderd granaatjies gemaak en aan die kettings bevestig.
17 En hy het die pilare voor die tempel opgerig, die een regs en die ander links; en die regter-een het hy genoem Jagin, en die linker-een Boas.
建造圣殿(王上6:1~10)
1 所罗门在耶路撒冷,在耶和华向他父亲大卫显现过的摩利亚山上,就是在耶布斯人阿珥楠的禾场上,大卫预备的地方,开工建造耶和华的殿。2 所罗门执政后第四年二月初二开始建造。3 所罗门建造 神殿宇的根基是这样:按古时的尺寸,长二十七公尺,宽九公尺。4 殿前走廊长九公尺,与殿的宽度相等;高九公尺"高九公尺"原文作"高一百二十";现参照古译本修译;里面贴上纯金。5 大殿的墙都盖上松木,又贴上精金,又在上面刻上棕树和链子。6 又用宝石装饰殿墙,十分华美;金子都是巴瓦音的金子。7 正殿和殿的栋梁、门槛、墙壁和门扇,都贴上金子;墙上刻上基路伯。
建造至圣所(王上6:14~36)
8 他又建造了至圣所,长九公尺,和殿的宽度相等,宽度也是九公尺;里面都贴上精金,共用了二十公吨金子。9 钉子共重五百七十克金子。阁楼也贴上金子。
10 在至圣所里,雕刻了两个基路伯,都包上金子。11 两个基路伯的翅膀共长九公尺;一个基路伯的一边翅膀长两公尺两公寸,触着殿墙;另一边翅膀也长两公尺两公寸,和另一个基路伯的翅膀相接。12 另一个基路伯的一边翅膀也长两公尺两公寸,触着殿墙;另一边的翅膀也长两公尺两公寸,和前一个基路伯的翅膀相接。13 这两个基路伯的翅膀都张开,共长九公尺;这两个基路伯都面向殿内站立。14 所罗门又用蓝色紫色朱红色线和细麻做幔子,上面绣上基路伯。
建造两根柱子(王上7:15~22)
15 在殿的前面又做了两根柱子,高十五公尺半,每根柱上面的柱顶,高两公尺两公寸。16 又做了像项链按照《马索拉文本》,"像项链"作"在内殿",意思不明确,可能是"像项链"的误写的链子,安放在柱头上;又做了石榴一百个,安放在链子上。17 他把这两根柱子立在殿前,一根在左面,一根在右面;右面的叫雅斤,左面的叫波阿斯。