1 JOTAM was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.
2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die Here ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.
3 Hy het die Boonste Poort van die huis van die Here gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.
4 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.
5 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.
6 En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die Here sy God.
7 En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.
8 Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.
9 En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.
1 约坦登基的时候,是二十五岁;他在耶路撒冷作王共十六年;他的母亲名叫耶路沙,是撒督的女儿。2 约坦行耶和华看为正的事,像他父亲乌西雅一切所行的,只是没有进入耶和华的殿;但人民还是行败坏的事。3 约坦建造了耶和华殿的上门;在俄斐勒的城墙上,他也有很多建设。4 他在犹大山地建造城市,又在树林中建造一些营寨和瞭望楼。5 约坦和亚扪人的王交战,战胜了他们;那一年,亚扪人就献给他三千四百公斤银子,一千公吨小麦,一千公吨大麦;第二年和第三年,亚扪人也献给他这个数目。6 约坦在耶和华他的 神面前坚守正道,所以日渐强盛。7 约坦其余的事迹,他的一切战争和作为,都记在以色列和犹大列王记上。8 他登基的时候是二十五岁;他在耶路撒冷作王共十六年。9 约坦和他的列祖同睡,埋葬在大卫城里;他的儿子亚哈斯接续他作王。