1 EN Salomo het gedink om vir die Naam van die Here 'n huis te bou en 'n huis vir sy koningskap.
2 En Salomo het sewentigduisend lasdraers afgetel en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters oor hulle.
3 Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet: Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom 'n huis kon bou om in te woon, doen dit ook aan my.
4 Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die Here my God, om dit aan Hom te heilig — om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôrens en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die Here onse God — 'n ewige verpligting op Israel.
5 En die huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse God is groter as al die gode.
6 Maar wie is in staat om vir Hom 'n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom 'n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?
7 Stuur my dan nou 'n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.
8 Stuur ook aan my seder-, sipres- en sandelhout van die Líbanon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees,
9 naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.
10 En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintigduisend kor koring en twintigduisend kor gars en twintigduisend bat wyn en twintigduisend bat olie.
11 En Huram, die koning van Tirus, het in 'n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat die Here sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.
12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die Here en 'n huis vir sy koninkryk te bou.
13 Ek stuur dan nou 'n kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi,
14 die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader 'n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, pers stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my heer, u vader Dawid.
15 Laat my heer dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wat hy gesê het, aan sy dienaars stuur.
16 En óns sal bome uit die Líbanon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan ú dit na Jerusalem laat vervoer.
17 En Salomo het al die uitlanders getel wat in die land van Israel was, volgens die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd-drie-en-vyftigduisend-seshonderd was.
18 En sewentigduisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters om die mense te laat werk.
1 所罗门决意要为耶和华的名建造殿宇,又为自己建造王宫。本节在《马索拉文本》为1:182 于是,所罗门选派了七万人作挑夫,八万人在山上凿石,三千六百人作督工。本节在《马索拉文本》为2:13 所罗门派人去见推罗王希兰说:"你怎样待我的父亲大卫,给他运来香柏木,为他建造宫殿居住,请你也这样待我。4 现在我要为耶和华我 神的名建造殿宇,分别为圣献给他,在他面前焚烧芬芳的香,经常摆上陈设饼,每日早晚、安息日、初一,以及耶和华我们的 神所定的节日,都献上燔祭;这是以色列人永远的定例。5 我要建造的殿宇必须宏伟,因为我们的 神伟大,超过众神。6 但谁能为他建造殿宇呢?天和天上的天也容不下他;我是谁,怎能为他建造殿宇?我不过在他面前烧香罢了。7 现在请你派一个巧匠到我这里来,他要精于使用金、银、铜、铁和紫色朱红色蓝色线工作,并且懂得雕刻,好与我的父亲大卫在犹大和耶路撒冷预备的巧匠一同工作。8 又请你从黎巴嫩运送香柏木、松木和檀香木到我这里来,因为我知道你的臣仆善于砍伐黎巴嫩的树木;我的臣仆可以和你的臣仆一同工作。9 给我预备大量的木材,因为我要建造的那殿宇,将会十分宏伟。10 至于你的仆人,就是砍伐树木的人,我必给他们食物,就是小麦四百万公升、大麦四百万公升、酒四十万公升、油四十万公升。"
11 推罗王希兰回信给所罗门说:"耶和华因为爱自己的子民,所以立你作他们的王。"12 希兰又说:"创造天地的耶和华以色列的 神,是应当称颂的!因为他赐给大卫王一个有智慧的儿子,有聪明有见识,可以为耶和华建造殿宇,为自己建造王宫。13 现在我派一个技艺精巧、满有聪明的人来,他是我父亲希兰的匠人。14 他是但支派一个妇人的儿子,他的父亲是推罗人。他精于使用金、银、铜、铁、石、木,以及紫色蓝色朱红色线和细麻作工,也能作各样雕刻的工作,又能设计各样交托他们的巧工。这人可以和你的巧匠,以及我主你父亲大卫的巧匠一同工作。15 我主所说的小麦、大麦、酒和油,请派人运来给众仆人。16 我们必照着你所需要的,从黎巴嫩砍下树木,扎成木筏,从海上运到约帕,你可以从那里把它们运上耶路撒冷。"
17 所罗门按照他父亲大卫数点的数目,又数点了住在以色列地所有的外族人,他们共有十五万三千六百人。18 他选派七万人作挑夫,八万人在山上凿石头,三千六百人作监工,督促人民工作。