Publicidade

1 Coríntios 14

AFR53
I doni dello Spirito per l’edificazione dei credenti

1 Ricercate l’amore, ma desiderate con ardore i doni spirituali, principalmente il dono di profezia.

2 Perché chi parla in altra lingua non parla agli uomini, ma a Dio, poiché nessuno lo comprende, ma in spirito dice cose misteriose. 3 Chi profetizza, invece, parla agli uomini un linguaggio di edificazione, di esortazione e di consolazione. 4 Chi parla in altra lingua edifica stesso, ma chi profetizza edifica la chiesa.

5 Vorrei che tutti parlaste in altre lingue, ma molto più che profetizzaste; chi profetizza è superiore a chi parla in altre lingue, a meno che egli interpreti, affinché la chiesa ne riceva edificazione. 6 Infatti, fratelli, se io venissi a voi parlando in altre lingue, a che vi servirebbe se la mia parola non vi recasse qualche rivelazione o qualche conoscenza o qualche profezia o qualche insegnamento?

7 Perfino le cose inanimate che danno suono, come il flauto o la cetra, se non danno suoni distinti, come si riconoscerà ciò che è suonato con il flauto o con la cetra? 8 E, se la tromba un suono sconosciuto, chi si preparerà alla battaglia? 9 Così anche voi, se con la lingua non proferite un parlare comprensibile, come si capirà quello che dite? Parlerete in aria.

10 Ci sono nel mondo tante e tante specie di linguaggi e nessuno di essi è senza significato. 11 Se quindi io non capisco il significato del linguaggio, sarò uno straniero per chi parla e chi parla sarà uno straniero per me. 12 Così anche voi, poiché siete bramosi dei doni spirituali, cercate di abbondarne per l’edificazione della chiesa.

13 Perciò, chi parla in altra lingua preghi di poter interpretare, 14 poiché, se prego in altra lingua, ben prega lo spirito mio, ma la mia intelligenza rimane infruttuosa. 15 Che dunque? Io pregherò con lo spirito, ma pregherò anche con l’intelligenza; salmeggerò con lo spirito, ma salmeggerò anche con l’intelligenza. 16 Altrimenti, se tu benedici Dio soltanto con lo spirito, come potrà chi occupa il posto del semplice uditore dire: "Amen" al tuo rendimento di grazie, dal momento che non comprende quello che dici? 17 Quanto a te, certo, tu fai un bel ringraziamento, ma l’altro non è edificato. 18 Io ringrazio Dio che parlo in altre lingue più di tutti voi, 19 ma nella chiesa preferisco dire cinque parole intelligibili per istruire anche gli altri, che dirne diecimila in altra lingua.

20 Fratelli, non siate fanciulli per senno; siate pur bambini quanto a malizia, ma quanto al ragionare siate uomini compiuti. 21 È scritto nella legge:

"Io parlerò a questo popolo per mezzo di gente d’altra lingua, e per mezzo di labbra straniere; e neppure così mi ascolteranno", dice il Signore.

22 Pertanto le lingue servono di segno non per i credenti, ma per i non credenti; la profezia, invece, serve di segno non per i non credenti, ma per i credenti. 23 Quando dunque tutta la chiesa si riunisce, se tutti parlano in altre lingue ed entrano degli estranei o dei non credenti, non diranno essi che siete pazzi? 24 Ma, se tutti profetizzano ed entra qualche non credente o qualche estraneo, egli è convinto da tutti, 25 è scrutato da tutti, i segreti del suo cuore sono palesati e così, gettandosi giù con la faccia a terra, adorerà Dio, proclamando che Dio è veramente fra voi.

Il decoro e l’ordine nel culto cristiano

26 Che dunque, fratelli? Quando vi radunate, avendo ciascuno di voi un salmo o un insegnamento o una rivelazione o un parlare in altra lingua o un’interpretazione, si faccia ogni cosa per l’edificazione. 27 Se c’è chi parla in altra lingua, siano due o tre al più a farlo, l’uno dopo l’altro e uno interpreti; 28 se non vi è chi interpreti, tacciano nella chiesa e parlino a stessi e a Dio. 29 Parlino due o tre profeti e gli altri giudichino 30 e, se una rivelazione è data a uno di quelli che stanno seduti, il precedente taccia. 31 Poiché tutti, a uno a uno, potete profetizzare, affinché tutti imparino e tutti siano consolati. 32 Gli spiriti dei profeti sono sottoposti ai profeti, 33 perché Dio non è un Dio di confusione, ma di pace.

34 Come si fa in tutte le chiese dei santi, le donne tacciano nelle assemblee, perché non è loro permesso di parlare, ma devono stare sottomesse, come dice anche la legge. 35 Se vogliono imparare qualcosa, interroghino i loro mariti a casa, perché è cosa indecorosa per una donna parlare in assemblea. 36 La parola di Dio è forse proceduta da voi? O è forse pervenuta a voi soli?

37 Se qualcuno ritiene di essere profeta o spirituale, riconosca che le cose che io vi scrivo sono comandamenti del Signore. 38 E se qualcuno lo vuole ignorare, lo ignori.

39 Pertanto, fratelli, desiderate ardentemente il profetizzare e non impedite il parlare in altre lingue, 40 ma ogni cosa sia fatta con decoro e con ordine.

Die uitnemendheid van die gawe van profesie bo dié van die tale.

1 JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.

4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur 'n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?

7 Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

8 Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.

10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.

11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.

12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

13 Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

14 Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy nie?

17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in 'n taal.

20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, die Here.

22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie dat julle kranksinnig is nie?

24 Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;

25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.

Die noodsaaklikheid van orde in die godsdiensoefeninge van die gemeente.

26 HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging laat alles tot stigting geskied.

27 En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.

28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.

30 Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook .

35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37 As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-