1 Quanto poi alla colletta per i santi, come ho ordinato alle chiese di Galazia, così fate anche voi. 2 Ogni primo giorno della settimana ciascuno di voi metta da parte a casa ciò che potrà secondo la prosperità concessagli, affinché, quando verrò, non ci siano più collette da fare. 3 E quando sarò giunto, quelli che avrete approvati, io li manderò con delle lettere a portare la vostra liberalità a Gerusalemme 4 e, se converrà che ci vada anch’io, essi verranno con me.
5 Io poi mi recherò da voi, quando sarò passato per la Macedonia, 6 perché passerò per la Macedonia, ma da voi forse mi fermerò o ci passerò anche l’inverno, affinché voi mi facciate proseguire per dove mi recherò. 7 Perché, questa volta, io non voglio vedervi di passaggio, infatti spero di fermarmi qualche tempo da voi, se il Signore lo permette. 8 Ma rimarrò a Efeso fino alla Pentecoste, 9 perché qui una larga porta mi si è aperta per un lavoro efficace e vi sono molti avversari.
10 Ora, se viene Timoteo, guardate che stia fra voi senza timore, perché egli lavora nell’opera del Signore, come faccio anch’io. 11 Nessuno dunque lo disprezzi, ma fatelo proseguire in pace, affinché venga da me, poiché io l’aspetto con i fratelli.
12 Quanto al fratello Apollo, io l’ho molto esortato a recarsi da voi con i fratelli; ma egli non ha avuto alcuna volontà di farlo adesso; verrà però quando ne avrà l’opportunità.
13 Vegliate, state fermi nella fede, comportatevi virilmente, fortificatevi. 14 Tutte le cose vostre siano fatte con amore.
15 Ora, fratelli, voi conoscete la famiglia di Stefana; sapete che è la primizia dell’Acaia e che si è dedicata al servizio dei santi; 16 io vi esorto a sottomettervi anche voi a tali persone e a chiunque lavora e fatica nell’opera comune.
17 Io mi rallegro della venuta di Stefana, di Fortunato e d’Acaico, perché essi hanno riempito il vuoto prodotto dalla vostra assenza; 18 poiché hanno ricreato lo spirito mio e il vostro; sappiate apprezzare tali persone.
19 Le chiese dell’Asia vi salutano. Aquila e Priscilla, con la chiesa che è in casa loro, vi salutano molto nel Signore. 20 Tutti i fratelli vi salutano. Salutatevi gli uni gli altri con un santo bacio.
21 Il saluto è di mia propria mano: di me, Paolo.
22 Se qualcuno non ama il Signore, sia anatema. Marana tha.
23 La grazia del Signore Gesù sia con voi. 24 Il mio amore è con tutti voi in Cristo Gesù.
1 WAT die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.
2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
3 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
4 En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
5 MAAR ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.
6 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
7 Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
8 Maar ek sal in Éfese bly tot Pinkster toe.
9 Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
10 En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
11 Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
12 Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
14 Laat alles by julle in liefde geskied.
15 En ek versoek julle, broeders — julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het —
16 dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
17 En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
18 Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan.
19 Die gemeentes van Asië groet julle. Áquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
20 Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
21 Die groete van Paulus, met my eie hand.
22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta!
23 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
24 My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.