1 Mentre egli usciva dal tempio uno dei suoi discepoli gli disse: "Maestro, guarda che pietre e che edifici!". 2 E Gesù gli disse: "Vedi questi grandi edifici? Non sarà lasciata pietra sopra pietra che non sia diroccata".
3 Poi, sedendo sul monte degli Ulivi di fronte al tempio, Pietro, Giacomo, Giovanni e Andrea gli domandarono in disparte: 4 "Dicci, quando avverranno queste cose e quale sarà il segno del tempo in cui tutte queste cose staranno per compiersi?".
5 Gesù iniziò a dir loro: "Guardate che nessuno vi seduca! 6 Molti verranno nel mio nome, dicendo: ‘Sono io’ e ne sedurranno molti. 7 Quando udrete guerre e rumori di guerre, non vi turbate; è necessario che ciò avvenga, ma non sarà ancora la fine. 8 Poiché si solleverà nazione contro nazione e regno contro regno: vi saranno terremoti in vari luoghi; vi saranno carestie. Questo non sarà che un principio di dolori. 9 Badate a voi stessi! Vi daranno in mano dei tribunali, sarete battuti nelle sinagoghe e sarete fatti comparire davanti a governatori e re, per causa mia, affinché ciò serva loro di testimonianza. 10 E prima è necessario che fra tutte le genti sia predicato l’evangelo. 11 Quando vi condurranno per mettervi nelle loro mani, non preoccupatevi in anticipo di ciò che direte, ma dite quello che vi sarà dato in quell’ora; perché non siete voi che parlate, ma lo Spirito Santo. 12 Il fratello darà il fratello alla morte, il padre darà il figlio e i figli insorgeranno contro i genitori e li faranno morire. 13 E sarete odiati da tutti a causa del mio nome, ma chi avrà perseverato sino alla fine, sarà salvato.
14 Quando poi vedretel’abominazione della desolazione posta là dove non deve stare (chi legge faccia attenzione), allora quelli che saranno nella Giudea fuggano ai monti; 15 chi sarà sulla terrazza non scenda e non entri in casa sua per prendere qualcosa 16 e chi sarà nel campo non torni indietro a prendere la sua veste. 17 Guai alle donne che saranno incinte e a quelle che allatteranno in quei giorni! 18 E pregate che ciò non avvenga d’inverno! 19 Poiché quelli saranno giorni di tale tribolazione, che non ce n’è stata una uguale dal principio del mondo che Dio ha creato, fino ad ora, né mai più vi sarà. 20 Se il Signore non avesse abbreviato quei giorni, nessuno scamperebbe ma, a causa dei suoi eletti, egli ha abbreviato quei giorni. 21 E allora, se qualcuno vi dice: ‘Il Cristo eccolo qui, eccolo là’, non lo credete, 22 perché sorgeranno falsi cristi e falsi profeti e faranno segni e prodigi per sedurre, se fosse possibile, anche gli eletti. 23 Ma voi, state attenti; io vi ho predetto ogni cosa. 24 Ma in quei giorni, dopo quella tribolazione, il sole si oscurerà e la luna non darà il suo splendore; 25 le stelle cadranno dal cielo e le potenze che sono nei cieli saranno scrollate. 26 E allora si vedrà il Figlio dell’uomo venire sulle nuvole con gran potenza e gloria. 27 Ed egli allora manderà gli angeli e raccoglierà i suoi eletti dai quattro venti, dall’estremo della terra all’estremo del cielo. 28 Ora imparate dal fico questa similitudine: quando già i suoi rami si fanno teneri e mettono le foglie, voi sapete che l’estate è vicina. 29 Così anche voi, quando vedrete avvenire queste cose, sappiate che egli è vicino, alle porte. 30 In verità io vi dico che questa generazione non passerà prima che tutte queste cose siano avvenute. 31 Il cielo e la terra passeranno, ma le mie parole non passeranno.
32 Quanto a quel giorno e a quell’ora nessuno li sa, neppure gli angeli nel cielo, né il Figlio, ma soltanto il Padre. 33 State in guardia, vegliate, poiché non sapete quando sarà quel tempo. 34 È come un uomo che si è messo in viaggio, dopo aver lasciato la sua casa, dandone la responsabilità ai suoi servi, a ciascuno il proprio compito, e comandando al portinaio di vegliare. 35 Vegliate dunque perché non sapete quando viene il padrone di casa: se a sera, a mezzanotte o al cantare del gallo la mattina, 36 perché, venendo egli all’improvviso, non vi trovi addormentati. 37 Ora, quello che dico a voi, lo dico a tutti: Vegliate".
1 EN toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!
2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
3 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik:
4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?
5 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.
6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
9 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis.
10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
14 EN wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie — laat hom wat lees, oplet — dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
15 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;
16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.
17 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
19 Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
20 En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
21 En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! — moet dit nie glo nie.
22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
24 MAAR in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.
30 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
32 Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.
33 PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
34 Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!