1 Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.

2 En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende -- want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek -- sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.

4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.

5 Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat die HERE jou God aan jou gee nie.

6 Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.

7 Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die HERE jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.

8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n feestyd vir die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie.

9 Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

10 Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.

11 En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

12 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.

13 Die huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou.

14 En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15 Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.

16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie;

17 elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.

18 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.

19 Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het.

20 Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee.

21 Jy mag vir jou nie 'n heilige boomstam -- enige boom -- plant langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.

22 Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie.

1 א שמור את חדש האביב ועשית פסח ליהוה אלהיך  כי בחדש האביב הוציאך יהוה אלהיך ממצרים--לילה

2 ב וזבחת פסח ליהוה אלהיך צאן ובקר במקום אשר יבחר יהוה לשכן שמו שם

3 ג לא תאכל עליו חמץ שבעת ימים תאכל עליו מצות לחם עני  כי בחפזון יצאת מארץ מצרים--למען תזכר את יום צאתך מארץ מצרים כל ימי חייך

4 ד ולא יראה לך שאר בכל גבלך שבעת ימים ולא ילין מן הבשר אשר תזבח בערב ביום הראשון--לבקר

5 ה לא תוכל לזבח את הפסח באחד שעריך אשר יהוה אלהיך נתן לך

6 ו כי אם אל המקום אשר יבחר יהוה אלהיך לשכן שמו--שם תזבח את הפסח בערב  כבוא השמש מועד צאתך ממצרים

7 ז ובשלת ואכלת במקום אשר יבחר יהוה אלהיך בו ופנית בבקר והלכת לאהליך

8 ח ששת ימים תאכל מצות וביום השביעי עצרת ליהוה אלהיך--לא תעשה מלאכה  {ס}

9 ט שבעה שבעת תספר לך  מהחל חרמש בקמה תחל לספר שבעה שבעות

10 י ועשית חג שבעות ליהוה אלהיך--מסת נדבת ידך אשר תתן  כאשר יברכך יהוה אלהיך

11 יא ושמחת לפני יהוה אלהיך אתה ובנך ובתך ועבדך ואמתך והלוי אשר בשעריך והגר והיתום והאלמנה אשר בקרבך--במקום אשר יבחר יהוה אלהיך לשכן שמו שם

12 יב וזכרת כי עבד היית במצרים ושמרת ועשית את החקים האלה  {פ}

13 יג חג הסכת תעשה לך שבעת ימים  באספך--מגרנך ומיקבך

14 יד ושמחת בחגך  אתה ובנך ובתך ועבדך ואמתך והלוי והגר והיתום והאלמנה אשר בשעריך

15 טו שבעת ימים תחג ליהוה אלהיך במקום אשר יבחר יהוה  כי יברכך יהוה אלהיך בכל תבואתך ובכל מעשה ידיך והיית אך שמח

16 טז שלוש פעמים בשנה יראה כל זכורך את פני יהוה אלהיך במקום אשר יבחר--בחג המצות ובחג השבעות ובחג הסכות ולא יראה את פני יהוה ריקם

17 יז איש כמתנת ידו כברכת יהוה אלהיך אשר נתן לך  {ס}

18 יח שפטים ושטרים תתן לך בכל שעריך אשר יהוה אלהיך נתן לך לשבטיך ושפטו את העם משפט צדק

19 יט לא תטה משפט לא תכיר פנים ולא תקח שחד--כי השחד יעור עיני חכמים ויסלף דברי צדיקם

20 כ צדק צדק תרדף--למען תחיה וירשת את הארץ אשר יהוה אלהיך נתן לך  {ס}

21 כא לא תטע לך אשרה כל עץ  אצל מזבח יהוה אלהיך--אשר תעשה לך

22 כב ולא תקים לך מצבה אשר שנא יהוה אלהיך  {ס}