1 En Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.

2 En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.

3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.

4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.

5 En jy moet daar vir die HERE jou God 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.

6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.

7 Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God.

8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.

9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.

10 Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

11 En Moses het aan die volk op die dag bevel gegee en gesê:

12 Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Ger¡sim as julle deur die Jordaan getrek het: S¡meon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin.

13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en S,bulon, Dan en N ftali.

14 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

15 Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.

16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18 Vervloek is hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25 Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n persoon -- onskuldige bloed -- dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

1 א ויצו משה וזקני ישראל את העם לאמר  שמר את כל המצוה אשר אנכי מצוה אתכם היום

2 ב והיה ביום אשר תעברו את הירדן אל הארץ אשר יהוה אלהיך נתן לך--והקמת לך אבנים גדלות ושדת אתם בשיד

3 ג וכתבת עליהן את כל דברי התורה הזאת--בעברך  למען אשר תבא אל הארץ אשר יהוה אלהיך נתן לך ארץ זבת חלב ודבש כאשר דבר יהוה אלהי אבתיך לך

4 ד והיה בעברכם את הירדן תקימו את האבנים האלה אשר אנכי מצוה אתכם היום בהר עיבל ושדת אותם בשיד

5 ה ובנית שם מזבח ליהוה אלהיך  מזבח אבנים לא תניף עליהם ברזל

6 ו אבנים שלמות תבנה את מזבח יהוה אלהיך והעלית עליו עולת ליהוה אלהיך

7 ז וזבחת שלמים ואכלת שם ושמחת לפני יהוה אלהיך

8 ח וכתבת על האבנים את כל דברי התורה הזאת--באר היטב  {ס}

9 ט וידבר משה והכהנים הלוים אל כל ישראל לאמר  הסכת ושמע ישראל היום הזה נהיית לעם ליהוה אלהיך

10 י ושמעת בקול יהוה אלהיך ועשית את מצותו ואת חקיו אשר אנכי מצוך היום  {ס}

11 יא ויצו משה את העם ביום ההוא לאמר

12 יב אלה יעמדו לברך את העם על הר גרזים בעברכם את הירדן  שמעון ולוי ויהודה ויששכר ויוסף ובנימן

13 יג ואלה יעמדו על הקללה בהר עיבל  ראובן גד ואשר וזבולן דן ונפתלי

14 יד וענו הלוים ואמרו אל כל איש ישראל--קול רם  {ס}

15 טו ארור האיש אשר יעשה פסל ומסכה תועבת יהוה מעשה ידי חרש--ושם בסתר וענו כל העם ואמרו אמן  {ס}

16 טז ארור מקלה אביו ואמו ואמר כל העם אמן  {ס}

17 יז ארור מסיג גבול רעהו ואמר כל העם אמן  {ס}

18 יח ארור משגה עור בדרך ואמר כל העם אמן  {ס}

19 יט ארור מטה משפט גר יתום--ואלמנה ואמר כל העם אמן

20 כ ארור שכב עם אשת אביו--כי גלה כנף אביו ואמר כל העם אמן  {ס}

21 כא ארור שכב עם כל בהמה ואמר כל העם אמן  {ס}

22 כב ארור שכב עם אחתו--בת אביו או בת אמו ואמר כל העם אמן  {ס}

23 כג ארור שכב עם חתנתו ואמר כל העם אמן  {ס}

24 כד ארור מכה רעהו בסתר ואמר כל העם אמן  {ס}

25 כה ארור לקח שחד להכות נפש דם נקי ואמר כל העם אמן  {ס}

26 כו ארור אשר לא יקים את דברי התורה הזאת--לעשות אותם ואמר כל העם אמן  {פ}