1 Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.

2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.

3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

4 en tot die ouderdom toe is k dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; k het dit gedoen, en k sal julle opneem, en k sal dra en red.

5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur 'n goudsmid, en hy maak daar 'n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.

7 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

8 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!

9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;

10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

11 wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.

12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!

13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.

1 א כרע בל קרס נבו--היו עצביהם לחיה ולבהמה נשאתיכם עמוסות משא לעיפה

2 ב קרסו כרעו יחדו לא יכלו מלט משא ונפשם בשבי הלכה  {פ}

3 ג שמעו אלי בית יעקב וכל שארית בית ישראל--העמסים מני בטן הנשאים מני רחם

4 ד ועד זקנה אני הוא ועד שיבה אני אסבל אני עשיתי ואני אשא ואני אסבל ואמלט  {ס}

5 ה למי תדמיוני ותשוו ותמשלוני ונדמה

6 ו הזלים זהב מכיס וכסף בקנה ישקלו ישכרו צורף ויעשהו אל יסגדו אף ישתחוו

7 ז ישאהו על כתף יסבלהו ויניחהו תחתיו ויעמד--ממקומו לא ימיש אף יצעק אליו ולא יענה מצרתו לא יושיענו  {ס}

8 ח זכרו זאת והתאששו השיבו פושעים על לב

9 ט זכרו ראשנות מעולם  כי אנכי אל ואין עוד אלהים ואפס כמוני

10 י מגיד מראשית אחרית ומקדם אשר לא נעשו אמר עצתי תקום וכל חפצי אעשה

11 יא קרא ממזרח עיט מארץ מרחק איש עצתו (עצתי) אף דברתי אף אביאנה--יצרתי אף אעשנה  {ס}

12 יב שמעו אלי אבירי לב--הרחוקים מצדקה

13 יג קרבתי צדקתי לא תרחק ותשועתי לא תאחר ונתתי בציון תשועה לישראל תפארתי  {ס}