Isaías 40

1 Troos, troos my volk, sê julle God.

2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.

3 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!

4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.

5 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.

6 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.

7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!

8 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

9 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!

10 Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.

11 Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

12 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?

13 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?

14 Met wie het Hy raad gehou, dat die Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?

15 Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!

16 En die L¡banon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.

17 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.

18 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?

19 Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.

20 Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.

21 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?

22 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.

23 Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;

24 skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.

25 By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.

26 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.

27 Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?

28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;

31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

1 א נחמו נחמו עמי--יאמר אלהיכם

2 ב דברו על לב ירושלם וקראו אליה--כי מלאה צבאה כי נרצה עונה  כי לקחה מיד יהוה כפלים בכל חטאתיה  {ס}

3 ג קול קורא--במדבר פנו דרך יהוה ישרו בערבה מסלה לאלהינו

4 ד כל גיא ינשא וכל הר וגבעה ישפלו והיה העקב למישור והרכסים לבקעה

5 ה ונגלה כבוד יהוה וראו כל בשר יחדו כי פי יהוה דבר  {פ}

6 ו קול אמר קרא ואמר מה אקרא כל הבשר חציר וכל חסדו כציץ השדה

7 ז יבש חציר נבל ציץ כי רוח יהוה נשבה בו אכן חציר העם

8 ח יבש חציר נבל ציץ ודבר אלהינו יקום לעולם  {ס}

9 ט על הר גבה עלי לך מבשרת ציון הרימי בכח קולך מבשרת ירושלם הרימי אל תיראי אמרי לערי יהודה הנה אלהיכם

10 י הנה אדני יהוה בחזק יבוא וזרעו משלה לו הנה שכרו אתו ופעלתו לפניו

11 יא כרעה עדרו ירעה בזרעו יקבץ טלאים ובחיקו ישא עלות ינהל  {ס}

12 יב מי מדד בשעלו מים ושמים בזרת תכן וכל בשלש עפר הארץ ושקל בפלס הרים וגבעות במאזנים

13 יג מי תכן את רוח יהוה ואיש עצתו יודיענו

14 יד את מי נועץ ויבינהו וילמדהו בארח משפט וילמדהו דעת ודרך תבונות יודיענו

15 טו הן גוים כמר מדלי וכשחק מאזנים נחשבו הן איים כדק יטול

16 טז ולבנון אין די בער וחיתו--אין די עולה  {פ}

17 יז כל הגוים כאין נגדו מאפס ותהו נחשבו לו

18 יח ואל מי תדמיון אל ומה דמות תערכו לו

19 יט הפסל נסך חרש וצרף בזהב ירקענו ורתקות כסף צורף

20 כ המסכן תרומה עץ לא ירקב יבחר חרש חכם יבקש לו להכין פסל לא ימוט  {ס}

21 כא הלוא תדעו הלוא תשמעו הלוא הגד מראש לכם הלוא הבינותם מוסדות הארץ

22 כב הישב על חוג הארץ וישביה כחגבים הנוטה כדק שמים וימתחם כאהל לשבת

23 כג הנותן רוזנים לאין שפטי ארץ כתהו עשה

24 כד אף בל נטעו אף בל זרעו--אף בל שרש בארץ גזעם וגם נשף בהם ויבשו וסערה כקש תשאם  {ס}

25 כה ואל מי תדמיוני ואשוה--יאמר קדוש

26 כו שאו מרום עיניכם וראו מי ברא אלה המוציא במספר צבאם לכלם בשם יקרא מרב אונים ואמיץ כח איש לא נעדר  {ס}

27 כז למה תאמר יעקב ותדבר ישראל  נסתרה דרכי מיהוה ומאלהי משפטי יעבור

28 כח הלוא ידעת אם לא שמעת אלהי עולם יהוה בורא קצות הארץ--לא ייעף ולא ייגע  אין חקר לתבונתו

29 כט נתן ליעף כח ולאין אונים עצמה ירבה

30 ל ויעפו נערים ויגעו ובחורים כשול יכשלו

31 לא וקוי יהוה יחליפו כח יעלו אבר כנשרים ירוצו ולא ייגעו ילכו ולא ייעפו  {ס}