1 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.

2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.

3 Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van M¡dian.

4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur.

5 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --

6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

7 Die HERE stuur 'n woord in Jakob, en dit val in Israel;

8 en die hele volk sal dit gewaarword, Efraim en die inwoners van Samar¡a, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:

9 Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!

10 Maar die HERE gee aan die teëstanders van Resin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:

11 die Arameërs van voor en die Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

12 Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie die HERE van die leërskare nie.

13 Daarom sny die HERE van Israel af kop en stert, palmtak en biesie, op een dag.

14 Die oudste en aansienlike, die is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, die is die stert;

15 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en die van hulle wat gelei word, is op 'n dwaalweg gebring.

16 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

17 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookpilaar opstyg.

18 Deur die grimmigheid van die HERE van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos 'n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie.

19 En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:

20 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse, en hulle saam is teen Juda. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

1 א העם ההלכים בחשך ראו אור גדול  ישבי בארץ צלמות אור נגה עליהם

2 ב הרבית הגוי לא (לו) הגדלת השמחה שמחו לפניך כשמחת בקציר כאשר יגילו בחלקם שלל

3 ג כי את על סבלו ואת מטה שכמו שבט הנגש בו--החתת כיום מדין

4 ד כי כל סאון סאן ברעש ושמלה מגוללה בדמים והיתה לשרפה מאכלת אש

5 ה כי ילד ילד לנו בן נתן לנו ותהי המשרה על שכמו ויקרא שמו פלא יועץ אל גבור אבי עד שר שלום

6 ו לם רבה (למרבה) המשרה ולשלום אין קץ על כסא דוד ועל ממלכתו להכין אתה ולסעדה במשפט ובצדקה מעתה ועד עולם קנאת יהוה צבאות תעשה זאת  {פ}

7 ז דבר שלח אדני ביעקב ונפל בישראל

8 ח וידעו העם כלו אפרים ויושב שמרון בגאוה ובגדל לבב לאמר

9 ט לבנים נפלו וגזית נבנה שקמים גדעו וארזים נחליף

10 י וישגב יהוה את צרי רצין עליו ואת איביו יסכסך

11 יא ארם מקדם ופלשתים מאחור ויאכלו את ישראל בכל פה בכל זאת לא שב אפו ועוד ידו נטויה

12 יב והעם לא שב עד המכהו ואת יהוה צבאות לא דרשו  {ס}

13 יג ויכרת יהוה מישראל ראש וזנב כפה ואגמון--יום אחד

14 יד זקן ונשוא פנים הוא הראש ונביא מורה שקר הוא הזנב

15 טו ויהיו מאשרי העם הזה מתעים ומאשריו מבלעים

16 טז על כן על בחוריו לא ישמח אדני ואת יתמיו ואת אלמנותיו לא ירחם--כי כלו חנף ומרע וכל פה דבר נבלה בכל זאת לא שב אפו ועוד ידו נטויה

17 יז כי בערה כאש רשעה שמיר ושית תאכל ותצת בסבכי היער ויתאבכו גאות עשן

18 יח בעברת יהוה צבאות נעתם ארץ ויהי העם כמאכלת אש איש אל אחיו לא יחמלו

19 יט ויגזר על ימין ורעב ויאכל על שמאול ולא שבעו  איש בשר זרעו יאכלו

20 כ מנשה את אפרים ואפרים את מנשה--יחדו המה על יהודה בכל זאת לא שב אפו ועוד ידו נטויה  {ס}