1 En in die veertiende jaar van koning Hisk¡a het S nherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.

2 Toe stuur die koning van Assirië die r bsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hisk¡a met 'n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.

3 Daarop gaan ljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit.

4 En die r bsake sê vir hulle: Sê tog aan Hisk¡a: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?

5 Jy dink: Net 'n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?

6 Kyk, jy vertrou op die geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.

7 Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God -- is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hisk¡a verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?

8 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.

9 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!

10 Het ek dan nou sonder die HERE teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.

11 Toe sê ljakim en Sebna en Joa vir die r bsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.

12 Maar die r bsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?

13 Toe gaan die r bsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!

14 So sê die koning: Laat Hisk¡a julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.

15 En Hisk¡a moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

16 Luister nie na Hisk¡a nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

17 totdat ek kom en julle meeneem na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde.

18 Laat Hisk¡a julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?

19 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarv im? En het hulle miskien Samar¡a gered uit my hand?

20 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?

21 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.

22 Toe het ljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hisk¡a gekom en hom die woorde van die r bsake te kenne gegee.

1 א ויהי בארבע עשרה שנה למלך חזקיהו עלה סנחריב מלך אשור על כל ערי יהודה הבצרות--ויתפשם

2 ב וישלח מלך אשור את רבשקה מלכיש ירושלמה אל המלך חזקיהו בחיל כבד ויעמד בתעלת הברכה העליונה במסלת שדה כובס

3 ג ויצא אליו אליקים בן חלקיהו אשר על הבית--ושבנא הספר ויואח בן אסף המזכיר

4 ד ויאמר אליהם רבשקה אמרו נא אל חזקיהו  כה אמר המלך הגדול מלך אשור מה הבטחון הזה אשר בטחת

5 ה אמרתי אך דבר שפתים עצה וגבורה למלחמה עתה על מי בטחת כי מרדת בי

6 ו הנה בטחת על משענת הקנה הרצוץ הזה על מצרים אשר יסמך איש עליו ובא בכפו ונקבה  כן פרעה מלך מצרים לכל הבטחים עליו

7 ז וכי תאמר אלי אל יהוה אלהינו בטחנו  הלוא הוא אשר הסיר חזקיהו את במתיו ואת מזבחתיו ויאמר ליהודה ולירושלם לפני המזבח הזה תשתחוו

8 ח ועתה התערב נא את אדני המלך אשור ואתנה לך אלפים סוסים--אם תוכל לתת לך רכבים עליהם

9 ט ואיך תשיב את פני פחת אחד עבדי אדני--הקטנים ותבטח לך על מצרים לרכב ולפרשים

10 י ועתה המבלעדי יהוה עליתי על הארץ הזאת להשחיתה יהוה אמר אלי עלה אל הארץ הזאת והשחיתה  {ס}

11 יא ויאמר אליקים ושבנא ויואח אל רבשקה דבר נא אל עבדיך ארמית--כי שמעים אנחנו ואל תדבר אלינו יהודית באזני העם אשר על החומה

12 יב ויאמר רבשקה האל אדניך ואליך שלחני אדני לדבר את הדברים האלה  הלא על האנשים הישבים על החומה לאכל את חראיהם (צואתם) ולשתות את שיניהם (מימי רגליהם) עמכם

13 יג ויעמד רבשקה ויקרא בקול גדול יהודית ויאמר--שמעו את דברי המלך הגדול מלך אשור

14 יד כה אמר המלך אל ישא לכם חזקיהו  כי לא יוכל להציל אתכם

15 טו ואל יבטח אתכם חזקיהו אל יהוה לאמר הצל יצילנו יהוה  לא תנתן העיר הזאת ביד מלך אשור

16 טז אל תשמעו אל חזקיהו  {פ} br   br כי כה אמר המלך אשור עשו אתי ברכה וצאו אלי ואכלו איש גפנו ואיש תאנתו ושתו איש מי בורו

17 יז עד באי ולקחתי אתכם אל ארץ כארצכם  ארץ דגן ותירוש ארץ לחם וכרמים

18 יח פן יסית אתכם חזקיהו לאמר יהוה יצילנו ההצילו אלהי הגוים איש את ארצו מיד מלך אשור

19 יט איה אלהי חמת וארפד--איה אלהי ספרוים וכי הצילו את שמרון מידי

20 כ מי בכל אלהי הארצות האלה אשר הצילו את ארצם מידי כי יציל יהוה את ירושלם מידי

21 כא ויחרישו ולא ענו אתו דבר  כי מצות המלך היא לאמר לא תענהו

22 כב ויבא אליקים בן חלקיהו אשר על הבית ושבנא הספר ויואח בן אסף המזכיר אל חזקיהו--קרועי בגדים ויגידו לו את דברי רבשקה  {ס}