1 Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.

2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.

3 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;

4 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.

5 In die dag sal die HERE van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,

6 en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.

7 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.

8 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.

9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?

10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie.

11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek,

12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.

13 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

14 Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!

15 Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende g,sel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek --

16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

17 En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.

18 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende g,sel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.

19 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.

20 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.

21 Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg P,rasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by G¡beon om sy werk te doen -- vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig -- ongehoord is sy daad!

22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.

23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!

24 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag?

25 Is dit nie so nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.

26 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

27 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout.

28 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor -- hulle stamp dit nie fyn nie.

29 Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

1 א הוי עטרת גאות שכרי אפרים וציץ נבל צבי תפארתו--אשר על ראש גיא שמנים הלומי יין

2 ב הנה חזק ואמץ לאדני כזרם ברד שער קטב כזרם מים כבירים שטפים הניח לארץ--ביד

3 ג ברגלים תרמסנה עטרת גאות שכורי אפרים

4 ד והיתה ציצת נבל צבי תפארתו אשר על ראש גיא שמנים--כבכורה בטרם קיץ אשר יראה הראה אותה בעודה בכפו יבלענה  {ס}

5 ה ביום ההוא יהיה יהוה צבאות לעטרת צבי ולצפירת תפארה--לשאר עמו

6 ו ולרוח משפט--ליושב על המשפט ולגבורה משיבי מלחמה שערה  {ס}

7 ז וגם אלה ביין שגו ובשכר תעו  כהן ונביא שגו בשכר נבלעו מן היין תעו מן השכר שגו בראה פקו פליליה

8 ח כי כל שלחנות מלאו קיא צאה בלי מקום  {פ}

9 ט את מי יורה דעה ואת מי יבין שמועה--גמולי מחלב עתיקי משדים

10 י כי צו לצו צו לצו קו לקו קו לקו--זעיר שם זעיר שם

11 יא כי בלעגי שפה ובלשון אחרת ידבר אל העם הזה

12 יב אשר אמר אליהם זאת המנוחה הניחו לעיף וזאת המרגעה ולא אבוא שמוע

13 יג והיה להם דבר יהוה צו לצו צו לצו קו לקו קו לקו זעיר שם זעיר שם--למען ילכו וכשלו אחור ונשברו ונוקשו ונלכדו  {פ}

14 יד לכן שמעו דבר יהוה אנשי לצון--משלי העם הזה אשר בירושלם

15 טו כי אמרתם כרתנו ברית את מות ועם שאול עשינו חזה שיט (שוט) שוטף כי עבר (יעבר) לא יבואנו כי שמנו כזב מחסנו ובשקר נסתרנו  {פ}

16 טז לכן כה אמר אדני יהוה הנני יסד בציון אבן אבן בחן פנת יקרת מוסד מוסד--המאמין לא יחיש

17 יז ושמתי משפט לקו וצדקה למשקלת ויעה ברד מחסה כזב וסתר מים ישטפו  {ס}

18 יח וכפר בריתכם את מות וחזותכם את שאול לא תקום שוט שוטף כי יעבר והייתם לו למרמס

19 יט מדי עברו יקח אתכם כי בבקר בבקר יעבר ביום ובלילה והיה רק זועה הבין שמועה

20 כ כי קצר המצע מהשתרע והמסכה צרה כהתכנס

21 כא כי כהר פרצים יקום יהוה כעמק בגבעון ירגז--לעשות מעשהו זר מעשהו ולעבד עבדתו נכריה עבדתו

22 כב ועתה אל תתלוצצו פן יחזקו מוסריכם  כי כלה ונחרצה שמעתי מאת אדני יהוה צבאות--על כל הארץ  {פ}

23 כג האזינו ושמעו קולי הקשיבו ושמעו אמרתי

24 כד הכל היום יחרש החרש לזרע יפתח וישדד אדמתו

25 כה הלוא אם שוה פניה והפיץ קצח וכמן יזרק ושם חטה שורה ושערה נסמן וכסמת גבלתו

26 כו ויסרו למשפט אלהיו יורנו

27 כז כי לא בחרוץ יודש קצח ואופן עגלה על כמן יוסב  כי במטה יחבט קצח וכמן בשבט

28 כח לחם יודק כי לא לנצח אדוש ידושנו והמם גלגל עגלתו ופרשיו לא ידקנו

29 כט גם זאת מעם יהוה צבאות יצאה  הפלא עצה הגדיל תושיה  {פ}