1 En in die dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.

2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.

4 En julle sal in die dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!

5 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.

6 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.

1 א ואמרת ביום ההוא אודך יהוה כי אנפת בי ישב אפך ותנחמני

2 ב הנה אל ישועתי אבטח ולא אפחד  כי עזי וזמרת יה יהוה ויהי לי לישועה

3 ג ושאבתם מים בששון ממעיני הישועה

4 ד ואמרתם ביום ההוא הודו ליהוה קראו בשמו הודיעו בעמים עלילתיו הזכירו כי נשגב שמו

5 ה זמרו יהוה כי גאות עשה מידעת (מודעת) זאת בכל הארץ

6 ו צהלי ורני יושבת ציון  כי גדול בקרבך קדוש ישראל  {ס}